HOU AAN WAAK!
Wie kan jy vertrou? – Wat sê die Bybel?
Mense is teleurgesteld wanneer dié wat veronderstel is om betroubaar te wees, hulle in die steek laat. Baie mense het hulle vertroue verloor in . . .
politieke leiers wat hulle eie belange bo die behoeftes van die mense wat hulle verteenwoordig, stel.
nuusbronne wat nie die nuus op ’n regverdige en akkurate manier oordra nie.
wetenskaplikes wat nie in die beste belang van die publiek optree nie.
godsdiensleiers wat heeltemal betrokke is by die ondersteuning van die politiek eerder as om God te verteenwoordig.
Dit is reg dat mense versigtig is wanneer dit kom by wie hulle vertrou. Die Bybel waarsku:
“Moenie op mense in ’n gesagsposisie vertrou nie, want hulle is ook maar mense en kan nie werklik red nie.” – Psalm 146:3, Die Lewende Bybel.
Iemand wat jy kan vertrou
Die Bybel identifiseer iemand wat jy kan vertrou: Jesus Christus. Hy is nie net ’n goeie man wat baie jare gelede gelewe het nie. God het Jesus aangestel om “as Koning [te] regeer, en daar sal geen einde aan sy Koninkryk wees nie” (Lukas 1:32, 33). Jesus is die Koning van God se Koninkryk, ’n regering wat nou vanuit die hemel regeer. – Matteus 6:10.
Om uit te vind hoekom jy Jesus kan vertrou, lees die artikels “Wie is die Koning van God se Koninkryk?” en “Wat sal God se Koninkryk doen?”