Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VIND VERLIGTING VAN STRES

’n Lewe sonder stres is moontlik

’n Lewe sonder stres is moontlik

Die wysheid in die Bybel kan ons help om baie onnodige stres te vermy. As mense kan ons nie ontslae raak van alles wat vir ons stres veroorsaak nie. Maar ons Skepper kan. Hy het selfs iemand aangestel om ons te help – Jesus Christus. Binnekort sal hy regoor die wêreld selfs wonderliker dinge doen as toe hy ’n mens op die aarde was. Byvoorbeeld:

JESUS SAL DIE SIEKES GENEES SOOS HY IN DIE VERLEDE GEDOEN HET.

“Hulle het almal na hom toe gebring wat weens allerhande siektes . . . gely het, . . . en hy het hulle genees.” – MATTEUS 4:24.

JESUS SAL BEHUISING EN KOS VIR ALMAL VOORSIEN.

“Hulle [die mense oor wie Christus sal regeer] sal huise bou en daarin woon, en hulle sal wingerde plant en die vrugte daarvan eet. Hulle sal nie huise bou sodat ander daarin woon nie, en hulle sal nie plant sodat ander dit eet nie.” – JESAJA 65:21, 22.

WANNEER JESUS REGEER, SAL DAAR WÊRELDWYE VREDE EN VEILIGHEID WEES.

“Die regverdige sal in sy dae floreer, en daar sal ’n oorvloed van vrede wees totdat die maan nie meer daar is nie. Hy sal onderdane hê van see tot see en van die Rivier tot aan die eindes van die aarde. . . . Hy sal sy vyande verslaan.” – PSALM 72:7-9.

JESUS SAL ’N EINDE MAAK AAN ONGEREGTIGHEID.

“Hy sal jammer voel vir die hulpelose en die arme, en hy sal die lewens van die armes red. Van onderdrukking en van geweld sal hy hulle red.” – PSALM 72:13, 14.

JESUS SAL SELFS ’N EINDE MAAK AAN PYN, LYDING EN DIE DOOD.

“Die dood sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie.” – OPENBARING 21:4.