Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Een enkele lewe

Een enkele lewe

Een enkele lewe

“HY IS in ’n onbelangrike dorpie gebore, die kind van ’n eenvoudige vrou. Hy het in ’n ander dorpie grootgeword, waar hy in ’n timmermanswinkel gewerk het totdat hy dertig was. Daarna was hy drie jaar lank ’n reisende prediker.

“Hy het nooit ’n boek geskryf nie. Hy het nooit ’n posisie beklee nie. Hy het nooit ’n gesin gehad of ’n huis besit nie. Hy het nie universiteit toe gegaan nie. Hy het nooit ’n groot stad besoek nie. Hy het nooit verder as [driehonderd kilometer] van sy geboorteplek af gereis nie. Hy het nie een van die dinge gedoen wat ’n mens gewoonlik met grootheid vereenselwig nie. Hy het geen aanbeveling buiten homself gehad nie.

“Hy was net drie-en-dertig toe die gety van openbare mening teen hom gedraai het. Sy vriende het weggehardloop. Hy is aan sy vyande oorgelewer en het die bespotting van ’n verhoor ondergaan. Hy is tussen twee diewe aan ’n [paal] genael. Terwyl hy gesterf het, het sy teregstellers oor sy klere, sy enigste aardse besittings, die lot gewerp. Toe hy dood was, is hy weens die ontferming van ’n vriend in ’n geleende graf neergelê.

“Negentien eeue het gekom en gegaan en vandag is hy steeds die hooffiguur van die mensdom en die leier van die mens se ontwikkeling. Al die leërs wat ooit uitgetrek het, al die vlote wat ooit gevaar het, al die parlemente wat ooit gesit het en al die konings wat ooit geheers het, het saam nie so ’n kragtige uitwerking op die lewe van die mensdom op aarde gehad soos daardie een enkele lewe nie.” *’n Anonieme kommentaar oor die lewe van Jesus Christus.

[Voetnoot]

^ par. 5 Besonderhede van daardie enkele lewe verskyn in die boek Die Grootste Mens wat nog geleef het wat uitgegee word deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc.