Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Baanbrekers op die gebied van die geneeskunde

Baanbrekers op die gebied van die geneeskunde

Baanbrekers op die gebied van die geneeskunde

DOKTERS het vir José, ’n 61-jarige Belg van die dorpie Oupeye, gesê dat hy ’n leweroorplanting nodig het. “Dit was die skok van my lewe”, sê hy. Net vier dekades gelede was leweroorplantings ondenkbaar. Selfs in die 1970’s was die oorlewingsyfer net ongeveer 30 persent. Maar vandag is leweroorplantings ’n algemene operasie met ’n baie groter suksessyfer.

Daar is egter steeds ’n donker sy. Aangesien leweroorplantings dikwels met baie bloeding gepaardgaan, gee dokters gewoonlik gedurende die operasie bloedoortappings. As gevolg van sy godsdiensoortuiging wou José nie bloed hê nie. Maar hy wou die leweroorplanting hê. Onmoontlik? Party dink dalk so. Maar die hoofchirurg het gemeen dat hy en sy kollegas ’n goeie kans staan om suksesvol sonder bloed te opereer. En dit is presies wat hulle gedoen het! Net 25 dae ná sy operasie was José terug by die huis saam met sy vrou en dogter. *

Danksy die vaardighede van diegene wat die tydskrif Time “die helde van geneeskunde” noem, is bloedlose geneeskunde en chirurgie nou algemener as ooit tevore. Maar waarom wil soveel mense bloedlose chirurgie hê? Kom ons ondersoek die probleembesaaide geskiedenis van bloedoortappings om hierdie vraag te beantwoord.

[Voetnoot]

^ par. 3 Jehovah se Getuies beskou orgaanoorplantingsoperasies as ’n persoonlike gewetensaak.

[Prent op bladsy 3]

Tans is daar wêreldwyd meer as 90 000 dokters wat gesê het dat hulle bereid is om Jehovah se Getuies sonder bloed te behandel