Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

‘Die beste tydskrifte wat ’n mens kan kry’

‘Die beste tydskrifte wat ’n mens kan kry’

‘Die beste tydskrifte wat ’n mens kan kry’

DIE UITGEWERS van die Ontwaak! het onlangs ’n brief gekry van Lisel, ’n 18-jarige hoërskoolleerling in die Verenigde State. Sy het geskryf:

“Ek is ingeskryf vir ’n geskiedeniskursus op universiteitsvlak. Daar word van ons verwag om ’n omvattende navorsingsprojek te doen, en ek het besluit om myne te skryf oor Jehovah se Getuies se sedelike weerstand teen Nazisme in Duitsland onder die Derde Ryk. Ek wil graag die lys verwysings aanvra wat julle aanbied aan die einde van die Ontwaak!-artikel met die titel ‘Jehovah se Getuies—moedig ten spyte van Nazi-gevaar’, wat in die nommer van 8 Julie 1998 verskyn het. Die artikel is deeglik nagevors en is so logies geskryf dat my voltooide projek ’n goeie getuienis sal wees vir die raad wat my werk moet beoordeel as ek met my werkstuk net die helfte van die gevoel en waarheid in julle artikel kan oordra.

“Dankie dat julle voortgaan om die beste tydskrifte te publiseer wat ’n mens kan kry. In elke nommer ontvang ek ‘skryflesse’ wat ver verhewe is bo enigiets wat my skool bied, en dit laat my voortdurend hoër mik met elke werkstuk wat ek skryf. Ek waardeer julle harde werk baie.”

[Foto-erkenning op bladsy 22]

Middelste foto: Państwowe Muzeum Oświęcim-Brzezinka, met vergunning van: USHMM Photo Archives