Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hy kan nie sy eksemplaar hou nie

Hy kan nie sy eksemplaar hou nie

Hy kan nie sy eksemplaar hou nie

’n Sakeman het aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Slowenië geskryf:

“Dankie dat julle die Ontwaak! en Die Wagtoring gereeld vir my stuur. Ek neem dit saam met my wanneer ek reis, aangesien ek dit gedurende die reis lees en ook terwyl ek vir sakevergaderinge wag.

“Ek wil julle ook vra om die volgende publikasies vir my te stuur wat in julle tydskrifte genoem word: Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?, Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? en ’n Boek vir alle mense.

“Ek wil graag twee eksemplare van elke publikasie hê. Die rede hiervoor is dat daar elke keer iemand is wat baie in julle publikasies belangstel as ek op my reis een van hulle lees. Ten spyte van die feit dat ek dit graag vir my eie biblioteek wil hou, gee ek my eksemplaar vir die persoon.”

Ons is seker dat jy ook baie baat sal vind by die uitstekende brosjure, met 32 bladsye, Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? Hierdie publikasie toon dat ons Skepper ’n wonderlike voorneme het wat binnekort verwesenlik gaan word. Jy kan ’n brosjure ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my die brosjure Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.