Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

La Bambouseraie—’n Droom word verwesenlik

La Bambouseraie—’n Droom word verwesenlik

La Bambouseraie—’n Droom word verwesenlik

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN FRANKRYK

BYNA 150 jaar gelede het Eugène Mazel, ’n invoerder van Asiatiese speserye, ’n kwekery in die suide van Frankryk begin wat die grootste bamboeskwekery ter wêreld sou word en wat ongeveer 200 variëteite van hierdie vinnig groeiende, veelsydige gras bevat. Tot in 1855 is Mazel se ideaal deur ’n groot struikelblok gedwarsboom: Bamboes het nie in Europa gegroei nie.

Pogings om die gras uit Asië in te voer, was tevergeefs. Hoewel bamboes heel gehard in sy eie habitat is (sekere variëteite kan temperature van tot -24 grade Celsius weerstaan en kan op ’n hoogte van tot 5 000 meter groei), was dit onmoontlik om die wortels aan die lewe te hou gedurende die lang reis oor vastelande heen. Met die koms van vinniger skepe is bamboesplantjies egter in 1827 suksesvol na Engeland, en later na Frankryk, vervoer. Mazel se droom was een stap nader aan ’n werklikheid!

Mazel se volgende uitdaging was om ’n geskikte plek vir sy kwekery te vind. In 1855 het hy ’n landgoed van 34 hektaar naby Anduze, in die suide van Frankryk, gekoop wat die voordeel van die Mediterreense klimaat en gelukkig geskikte grond gehad het. Baie werk was nodig om water uit ’n nabygeleë rivier te lei. Maar Mazel se ywerige pogings was suksesvol.

Ongelukkig was Mazel teen 1890 bankrot en moes hy sy kosbare tuin verkoop. Maar ander het gelukkig voortgegaan waar hy opgehou het, sodat 350 000 mense na raming nou elke jaar besoek aflê by La BambouseraieMazel se droom wat verwesenlik is.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Alle foto’s: La Bambouseraie de Prafrance