Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Ons is so dankbaar!”

“Ons is so dankbaar!”

“Ons is so dankbaar!”

“EK IS seker dat die Ontwaak!-artikels oor beroerte [8 Februarie 1998] ’n belangrike rol daarin gespeel het om my ma se lewe te verleng”, het Carol geskryf in ’n brief aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Kanada. Haar moeder het ’n dooie gevoel in haar linkerarm gekry, en teen die volgende oggend het sy sigprobleme begin ondervind. “Sy wou tot die volgende dag wag om dokter toe te gaan”, het Carol verduidelik, “daarom het ek by haar aangedring dat sy die Ontwaak!-artikels oor beroerte moet lees. Binne 15 minute het sy my teruggeroep en gesê dat sy liewer hospitaal toe moet gaan. Die dokters het haar oornag daar gehou vir waarneming. Die volgende dag het hulle bevestig dat sy ’n paar ligte beroertes gehad het, en hulle het gesê dat dit goed is dat sy nie langer gewag het om hospitaal toe te gaan nie. Ons is so dankbaar vir hierdie reeks artikels!”

Jy sal dalk verbaas wees om uit te vind dat die Bybel praktiese raad bevat wat fisiese sowel as verstandelike gesondheid bevorder. Hierdie feit word beklemtoon op bladsye 20 en 21, en ook op bladsye 25 en 26, van die boeiende brosjure met 32 bladsye ’n Boek vir alle mense. Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my die brosjure ’n Boek vir alle mense. Dui taalvoorkeur aan

□ Laat iemand asseblief met my in verbinding tree in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.