Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Gewig Ek wil julle uit my hart bedank vir die artikel “Jongmense vra . . . Hoe kan ek my obsessie oor my gewig te bowe kom?” (22 Mei 1999). Dit is al ’n hele ruk dat ek aan niks anders as my figuur en gewig kan dink nie. Ek skaam my wanneer ek in die spieël kyk, en ek klim omtrent glad nie meer op die skaal nie. Nadat ek hierdie artikel gelees het, het ek egter besef dat dit die soort mens is wat ek binne-in is wat werklik tel.

L. R., Frankryk

Gestremdes Ek is die meeste van die tyd in ’n rolstoel. My vrou het chroniese moegheidsindroom en ly aan ernstige depressie. Die reeks “Hoop vir die gestremdes” (8 Junie 1999) het getoon dat dit normaal is om te treur ná ’n ernstige verlies. Die prente in die artikel “Wanneer alle gebreke sal verdwyn” het ook die toekomstige genesing van ons gebreke ’n groter werklikheid vir my gemaak.

C. W., Verenigde State

Ek het my linkervoet in ’n ongeluk verloor toe ek net vier jaar oud was. Julle reeks het my gehelp om my gereelde aanvalle van depressie te verwerk. Hou asseblief aan met die goeie werk om vooroordeel te beveg.

A.J.T.P., Brasilië

Mense moet besef dat gestremdes gevoelens en emosies soos alle ander mense het en dat ons kan seerkry. Mense kyk soms na jou asof jy abnormaal is en maak onbeskofte opmerkings, of hulle maak of jy nie bestaan nie. Gestremde mense is nie onnosel, lui of hulpeloos nie. As ons die geleentheid gebied word, kan baie van ons kook, huis skoonmaak, inkopies doen, ’n gesin grootmaak, sekulêr werk en selfs ’n voertuig bestuur. Die feit dat ek aangaande Jehovah en sy liefde en teergevoeligheid geleer het, is iets wat my gehelp het. Ek is nog nie een van Jehovah se Getuies nie, maar ek hoop om in die toekoms een te word.

A. G., Verenigde State

Waardevol in God se oë Ek voel dikwels terneergedruk en waardeloos en dink soms dat ek nie ’n voltydse evangeliedienaar moet wees nie omdat my pogings nie goed genoeg is nie. Die artikel “Die Bybelse beskouing: Jy is waardevol in God se oë!” (8 Junie 1999) het my baie beter laat voel. Dit het my gehelp om te sien dat Satan hard probeer om ons so te laat voel sodat ons kan ophou om Jehovah te dien.

L. W., Kanada

Die artikel was baie bemoedigend. Tot nou toe het ek gedink dat Jehovah nie na my gebede luister nie. Maar sedert ek julle artikel gelees het, het ek meer vertroue in Jehovah en in myself. Hou asseblief aan om sulke bemoedigende artikels te druk.

R.V.T., België

Ek dra die letsels van pynlike ondervindinge—foute wat my van my selfrespek beroof het. Vandag laat my verhouding met Jehovah en die wete dat sy liefde ons verstand te bowe gaan my gelukkig en veilig voel.

V.S.C., Brasilië

Ek het so pas na die artikel op band geluister. Ek is al ongeveer 44 jaar blind, en selfs nadat ek as ’n Christen gedoop is, het ek nooit gedink dat ek veel waarde het nie. Hierdie artikel het my diep geraak. Ek dank God uit die diepte van my hart dat hy ons nie sien soos ons onsself sien nie.

A. K., Italië

Ek word deur negatiewe emosies gekwel. Maar toe ek hierdie artikel gelees het, was dit of Jehovah saggies met my gepraat het. Dit is baie moeilik om ’n mens se denkwyse te verander, maar ek sal probeer onthou hoe die artikel gesê het dat ‘Jehovah, soos ’n liefdevolle ouer, “naby is”—altyd waaksaam, sorgsaam en gereed om te help.—Psalm 147:1, 3.’

K. F., Japan