Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

‘Dit het my gehelp om my lewe te ondersoek’

‘Dit het my gehelp om my lewe te ondersoek’

‘Dit het my gehelp om my lewe te ondersoek’

DIT is wat Maria, ’n 18-jarige meisie van die stad Tsjerepowets, oor die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk gesê het. Sy het die volgende geskryf aan die takkantoor van Jehovah se Getuies naby St. Petersburg, Rusland, sowat 400 kilometer van Tsjerepowets af.

“Hierdie publikasie het my gehelp om myself, my doelwitte en mense om my te ondersoek. Ek het antwoorde gevind op die vrae wat my die meeste kwel. Terwyl ek die boek gelees het, het ek trane van dankbaarheid gestort.”

Maria het bygevoeg: “Dit het gevoel asof ’n sluier weggeneem is voor my oë, wat wyd oop was van opgewondenheid. Dit is die beste boek wat ek nog gelees het. Geen ander boek kan daarmee vergelyk nie, want dit is op die Bybel gebaseer en die raad van Jehovah God is die beste.”

As jy ook by die inligting in Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk wil baat vind, kan jy ’n eksemplaar ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk. Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.