Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Te kort? Ek is ’n neurochirurg, en ek het ’n fout op ’n skets gesien wat in die artikel “Jou brein—’n ingewikkelde wonder” (8 Mei 1999) verskyn het. Julle het ’n dwarsdeursnee van die brein getoon met ’n stippellyn wat na die pituïtêre klier wys. Dit lyk vir my of daardie lyn te kort is en dat dit na die optiese chiasma wys.

A. W., Japan

Ons oplettende leser is reg, en ons vra om verskoning vir die fout.—RED.

Orkaan Mitch Dankie vir die aangrypende artikel “Gered uit ’n verwoestende storm!” (8 Junie 1999). Ek ontvang dikwels inligting via e-pos oor rampe wat ons broers getref het, maar ek weet nooit hoeveel van die inligting betroubaar is nie. Die manier waarop die inligting in die artikel aangebied is, was baie aanmoedigend en opbouend. Dit was ’n realistiese herinnering aan die kritieke tye waarin ons lewe.

C. P., Verenigde State

Ek besef dat baie ál hulle besittings in hierdie ramp verloor het, maar dit was opwindend om te lees hoe ons wêreldwye broederskap opgetree het, selfs te midde van groot gevaar. Die foto van ’n broer voor sy verwoeste huis het my iets gegee om oor na te dink. Watter reg het ek om oor dinge te kla?

R.C.N., Brasilië

Guarana Julle artikel “Koffie, tee of guarana?” (8 Junie 1999) was leersaam. As ’n voltydse bedienaar wat aan die oewers van die Amasonerivier dien, werk ek naby gebiede waar guarana verbou word. Ek sien dikwels hoe dit voorberei word. Wanneer iemand weer vir my guarana aanbied, weet ek wat my antwoord sal wees.

J.R.S.M., Brasilië

Heelal Ek wil julle hartlik bedank vir die reeks “Ons heelal—Met ’n doel gemaak?” (22 Junie 1999). As ’n amateursterrekundige het ek hierdie artikels baie geniet. Die wonderlike skouspel wat elke aand voor ons afspeel, nooi ons om na te dink oor die ontsaglike krag, kennis en liefde van ons Skepper.

V. V., Spanje

Dit was maklik om die artikels te verstaan, selfs vir iemand wat min van die wetenskap weet. Dankie dat julle my help om Jehovah beter te leer ken. Ná 58 jaar van getroude lewe is my vrou onlangs oorlede. Hierdie insiggewende begrip van ons Skepper kon dus nie op ’n beter tyd in my lewe gekom het nie.

F. W., Verenigde State

Vroulike konstruksiewerkers Baie dankie vir die artikel “Die vroue het ’n groot aandeel gehad” (22 Junie 1999). Ongeveer ’n jaar gelede het ek van Kalifornië na Thailand getrek. Ons het onlangs die voorreg gehad om ons eie Koninkryksaal te bou. Ons susters, soos die vroue in Zimbabwe, het gehelp om sement aan te maak, staalkabels vas te bind, teëls te lê en nog baie ander konstruksiewerk te doen. Met Jehovah se hulp het ons die werk in ongeveer drie maande gedoen. Dankie dat julle die aandeel erken wat vroue in die wêreldwye konstruksiewerk het.

R. G., Thailand

Ek en my ouers het die geleentheid gehad om vir die eerste keer ’n snelbou-Koninkryksaal te help bou. Julle kan julle net voorstel hoe bly ek was toe ek gesien het hoe vroue regoor die wêreld bydra tot die wêreldwye konstruksie van takkantore en Koninkryksale van Jehovah se Getuies. Konstruksieprojekte soos die een in Zimbabwe is voorbereiding vir die werk wat ons in die nuwe wêreld gaan doen. As ons nou sulke projekte kan geniet, dink net hoe dit sal wees wanneer alle mense volmaak en verenig in Jehovah se diens is!

S.W.S., Brasilië