Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Dit gee mense ware hoop

Dit gee mense ware hoop

Dit gee mense ware hoop

’N 17-JARIGE jeugdige van die voormalige Sowjet-republiek Moldowa het aan die kantoor van Jehovah se Getuies daar geskryf om sy waardering uit te spreek vir die Ontwaak! van 8 September 1998 se voorbladreeks “Watter hoop is daar vir vandag se jongmense?” Die skrywer het verduidelik:

“Ek kon beswaarlik my trane keer, en ek moes eenvoudig skryf om julle te bedank. Die artikels het my herinner aan gevoelens wat ek ’n kort rukkie gelede gehad het. Ek was op die punt om selfmoord te pleeg toe Jehovah se Getuies my onwetend gered het. Toe hulle met my gepraat het oor ons hoop vir die toekoms en hulle my vertroue in die Skepper se barmhartigheid versterk het, het dit my geleidelik gehelp om my gevoel van wanhoop te oorkom. . . .

“Die feit dat julle mense help om te leer van God se voorneme om beter lewensomstandighede tot stand te bring, is ’n ware blyk van julle naasteliefde. Dit is duidelik dat hierdie pogings nie vrugteloos is nie. Julle pogings om mense se aandag te vestig op die samelewing se ernstigste probleme is prysenswaardig. Hou aan om hierdie goeie werk te doen. Ek sal vir elke nuwe nommer van hierdie tydskrif wag.”

In die paragraaf “Waarom Ontwaak! gepubliseer word”, wat op bladsy 4 van elke nommer verskyn, sê dit: “Hierdie tydskrif bou . . . vertroue op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame en veilige nuwe wêreld wat die huidige bose, wettelose stelsel van dinge binnekort gaan vervang.” Die Bybelse belofte van God het miljoene mense regoor die wêreld die krag gegee om die probleme van hierdie moeilike tye die hoof te bied.

Die brosjure met 32 bladsye Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? bevat ’n pragtige beskrywing van die wonderlike hoop wat ons Skepper gee. Sien veral die dele “God se voorneme gaan binnekort verwesenlik word” en “Die ewige lewe op ’n paradysaarde”. Jy kan hierdie brosjure versoek deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my die brosjure Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind?

Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.