Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Ek moet op God vertrou”

“Ek moet op God vertrou”

“Ek moet op God vertrou”

Die volgende brief is by ’n Koninkryksaal van Jehovah se Getuies in Edmonton, Alberta, Kanada, gelaat.

“Liewe Boodskapper

“Ek skryf om die persoon te bedank wat waarskynlik onwetend ’n wonderwerk in my lewe teweeggebring het.

“’n Paar weke gelede was ek en my man in ’n hewige woordewisseling betrokke. Ek het toe so pas gesê: ‘Hierdie probleem is so groot dat ek regtig nie weet of ek daaroor kan kom nie.’ Net toe het die deurklokkie gelui. Skielik was daar een van Jehovah se Getuies voor ons deur, en dit was te laat om weg te kruip.

“Toe ek die deur oopgemaak het, was ek regtig te deurmekaar om te hoor wat hy sê. Ek onthou wel die woorde ‘kinders’ en ‘gesin’. Die man het ’n boek uitgehaal met die titel Die geheim van gesinsgeluk. Toe ek die titel sien, het ek net begin huil, en ek kon nie ophou nie. Hy het opgekyk en toe om verskoning gevra dat hy my gesteur het, die boek vir my gegee en gegaan.

“Die wonderwerk? Dit is die versekering dat ek my nie hoef te bekommer as ek nie weet wat om te doen nie, want God weet. Ek moet op God vertrou. Hy stuur selfs ’n boodskapper. Dankie.”

Elke lid van die gesin kan baat vind by die boek Die geheim van gesinsgeluk. Van die leersame hoofstukke is “Beskerm jou gesin teen verderflike invloede”, “Handhaaf vrede in julle huisgesin” en “Jy kan probleme te bowe kom wat ’n gesin skade berokken”.

Jy kan hierdie boek ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos. Jy sal spesifieke wenke kry wat jou kan help om probleme op te los en om jou gesinslewe so vreugdevol te maak as wat die Skepper dit bedoel het om te wees.

□ Stuur asseblief vir my die boek Die geheim van gesinsgeluk.

Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.