Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Buitengewone begraafplaas

’n Buitengewone begraafplaas

’n Buitengewone begraafplaas

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN ECUADOR

IN DIE dorp Ibarra, noord van Ecuador se hoofstad, Quito, is daar ’n unieke begraafplaas—el cementerio de los pobres (die begraafplaas van die armes). Wat maak dit buitengewoon? Die kunswerke op die buitemuur is vergrote weergawes van prente wat direk uit publikasies van die Wagtoringgenootskap geneem is! * Die prent in die middel is ’n uitbeelding van die apostel Johannes, wat geneem is van bladsy 7 van die boek Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! Bokant Johannes, in Spaans, is die teks: “Die koninkryk van God beteken regverdigheid en vrede en vreugde. Romeine 14:17.” Aan die linkerkant is die woorde van Matteus 11:28: “Kom na my toe, almal wat swoeg en swaar belaai is, en ek sal julle verkwik”, wat uit die Nuwe Wêreld-vertaling kom. Hierdie begraafplaasmuur help ongetwyfeld om mense na God se Woord te rig.

[Voetnoot]

^ par. 3 Om aan wetlike vereistes te voldoen, moet toestemming verkry word voordat artikels of kunswerk uit Wagtoringlektuur gereproduseer word, en erkenning daarvoor moet aan die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsylvania gegee word.