Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Die meeste universiteitshandboeke is nie so akkuraat nie”

“Die meeste universiteitshandboeke is nie so akkuraat nie”

“Die meeste universiteitshandboeke is nie so akkuraat nie”

Dit is deels wat een man gesê het van die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Een van Jehovah se Getuies in Sydney, Australië, het hierdie boek by hom gelaat. Daardie aand het die Getuie die volgende boodskap op haar antwoordmasjien gekry:

“Ek het vanoggend met jou gesels. Ek is al halfpad deur die boek—‘Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?’—wat jy by my gelaat het. Ek bel omdat ek verbaas was om te sien hoe akkuraat die boek se bespreking van die jongste inligting oor die oorsprong van die heelal is. Dit dek dieselfde inligting as die boek wat ek jou gewys het . . . 

“Julle boek is baie akkuraat en bevat die jongste inligting! Die meeste universiteitshandboeke is nie so akkuraat nie. Dit meld die vier fundamentele fisiese kragte—swaartekrag, elektromagnetisme, die sterk kernkrag en die swak kernkrag. Dit is onlangse bevindinge en heeltemal op hoogte van die tyd. Ons gesels weer volgende week. Tot siens.”

Jy kan ook hierdie sagtebandboek met 192 bladsye ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?

Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

J. Hester and P. Scowen (AZ State Univ.), NASA