Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat het van klein Peter geword?

Wat het van klein Peter geword?

Wat het van klein Peter geword?

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN ECUADOR

DIE Ontwaak! van 22 November 1970 het die artikel “Hartchirurgie sonder bloedoortapping” bevat. Dit het van ’n sewejarige Kanadese seuntjie, Peter, vertel wat in 1963 dringend ’n operasie nodig gehad het.

Peter se huisdokter het gesê dat daar ’n prosedure bestaan wat sy defektiewe hartklep kan regstel. Maar toe Peter se ouers hulle seuntjie na ’n spesialis neem en hom vra of die operasie sonder bloed gedoen kan word, was die dokter se antwoord: “Nee. Dit is absoluut onmoontlik. Ek weet waarvan ek praat.”

Maar Peter se ouers het nie moed opgegee nie en hulle soektog voortgesit en uiteindelik ’n chirurg gevind wat bereid was om die operasie sonder die gebruik van bloed te doen. Was die operasie suksesvol? Hoewel Peter die operasie oorleef het, is daar vir sy ouers gesê dat hulle sou moes wag om te sien hoe suksesvol die operasie was. Wat het dus van klein Peter geword?

Toe Peter 13 was, het hy en sy gesin na Ecuador, in Suid-Amerika, verhuis om te dien waar daar meer verkondigers van die goeie nuus van God se Koninkryk nodig was (Matteus 24:14). Peter is op 15-jarige ouderdom gedoop en het ’n gewone pionier (voltydse evangeliedienaar) geword toe hy 18 was. Op 26-jarige ouderdom het hy ’n spesiale pionier geword en in ’n pueblo gedien wat 3 000 meter bo seevlak in die Andes geleë is. In 1988, toe Peter 31 was, het hy saam met sy vrou, Isabel, as ’n reisende verteenwoordiger van die Wagtoringgenootskap begin dien. Hy doen nog steeds hierdie werk en besoek elke week ’n ander gemeente om hulle te bemoedig.

Peter lei beslis ’n baie aktiewe lewe, sonder dat hy enige verdere operasie nodig gehad het. Hoe dankbaar is hy en duisende ander Getuies tog vir die samewerking van bekwame chirurge wat die regte van hulle pasiënte respekteer!

[Prent op bladsy 23]

Peter toe hy sewe was, kort ná die operasie

[Prent op bladsy 23]

Peter en Isabel Johnston vandag