Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Dag om te onthou

’n Dag om te onthou

19 April 2000

’n Dag om te onthou

DIE aand voordat Jesus gesterf het, het hy ’n herdenking van sy dood ingestel. Dit was ’n eenvoudige seremonie. Tydens dié geleentheid het hy vir sy dissipels gesê: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen.”—Lukas 22:19.

Hierdie gebeurtenis sal vanjaar op Woensdag, 19 April, ná sononder herdenk word.

Jehovah se Getuies regoor die wêreld sal dus op dié spesiale aand bymekaarkom om hierdie Gedenkmaal te vier op die manier wat Jesus beveel het. Jy word hartlik genooi om hierdie geleentheid as ’n waarnemer saam met hulle te geniet. Vind asseblief by Jehovah se Getuies in jou omgewing uit presies wanneer en waar die vergadering gehou sal word.