Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Instrument wat menseregte leer

’n Instrument wat menseregte leer

’n Instrument wat menseregte leer

DIE 17-jarige Rut Jiménez Gila, ’n leerling wat in Granada, Spanje, woon, se onderwyser het haar gevra om ’n opstel oor menseregte te skryf. ’n Paar weke nadat sy hierdie toewysing voltooi het, het die Europese eksamenraad in Brussel, België, haar in kennis gestel dat sy, saam met verskeie ander leerlinge van Spanje, gekies is om haar land te verteenwoordig. Sy het daarna die volgende brief aan die uitgewers van Ontwaak! geskryf.

“Ek het die jongste inligting oor menseregte nodig gehad, en die ‘Ontwaak!’ van 22 November 1998 ‘Sal daar ooit menseregte vir almal wees?’ het presies gehad waarna ek gesoek het. Om menseregteskendings toe te lig, het ek ook inligting uit ander ‘Ontwaak!’-artikels oor die toekoms van vroue en oor die Slagting gebruik. [Sien die nommers van 8 April 1998 en 8 Augustus 1998.] Tydens my navorsing het ek besef dat die ‘Ontwaak!’ inligting bevat wat ek nie in ander tydskrifte of naslaanwerke kon kry nie. Die foto’s het my ook beïndruk, en ek het van hulle in my aanbieding ingesluit.

“As prys vir my opstel het ek ’n week in Finland gewen, waar ek verder oor menseregte kon praat en kon verduidelik hoe waardevol die ‘Ontwaak!’ is om belangrike geskille soos hierdie een te beklemtoon.

“Baie, baie dankie dat julle altyd eerste is om ons oor wêreldgebeure in te lig. Mag Jehovah aanhou om julle te seën, sodat miljoene mense verder by hierdie inligting baat kan vind.”

[Prente op bladsy 15]

Rut en haar deelnemersertifikaat