Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“’n Realistiese en praktiese handleiding”

“’n Realistiese en praktiese handleiding”

“’n Realistiese en praktiese handleiding”

VERLEDE somer het die Arkansas Democrat Gazette verskeie boeke beoordeel wat deur die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap uitgegee word. Van een van die boeke het die Gazette gesê: “Vrae wat jongmense vra is ’n realistiese en praktiese handleiding vir gesinne, ongeag hulle kerkverband. . . .

“Hierdie boek bied sy lesers heelwat betroubare sedelike en emosionele raad. Die skrywers verstaan byvoorbeeld dat alle jongmense vry wil wees van die beperkings wat hulle ouers stel, maar dit gee jongmense die volgende raad:

“‘Wil jy meer vryheid en verantwoordelikheid hê? Toon dan dat jy verantwoordelik is. Beskou enige taak wat jou ouers aan jou opdra in ’n ernstige lig.’

“Daar is min ouers wat nie ’n boek sal waardeer wat deurgaans die beginsel van persoonlike aanspreeklikheid leer en jongmense voortdurend aanmoedig om hulleself en ander te respekteer nie. Hoewel die boek altyd die raad wat dit gee met die Bybel staaf, is dit grotendeels op praktiese wysheid gebaseer. . . . Die deel oor eiewaarde is veral treffend, aangesien baie jongmense mislei word om te dink dat onbeteuelde selfbewondering ’n goeie ding is.”

Nadat die artikel uit die boek aangehaal het, het dit gesê: “Hierdie vriendelike herinneringe dat ’n te hoë dunk van jouself ’n vorm van hoogmoed is en dat nederigheid ’n hoeksteen van ’n Christelike lewenswyse is, is moontlike teenmiddels vir van die onsin van populêre sielkunde wat welmenende vriende en raadgewers vir jongmense opdis.”

As jy by die inligting in Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk wil baat vind, kan jy ’n eksemplaar ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk.

Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.