Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Tree weg van die dood

’n Tree weg van die dood

’n Tree weg van die dood

“Partykeer droom ek dat ek weer twee bene het. . . . Jare gelede, toe ek baie klein was, het ek saam met my maatjies naby ons huis gaan speel. Skielik was daar ’n geweldige slag . . . My hele regterbeen is afgeskiet.”—Song Kosal, 12, Kambodja.

Elke dag word gemiddeld 70 mense deur landmyne vermink of doodgemaak. Die meeste slagoffers van landmynontploffings is nie soldate nie, maar burgerlikes—mans wat beeste oppas, vroue wat water aandra en kinders wat speel. Die agtjarige Rukia, op ons voorblad, is byvoorbeeld vermink in ’n landmynontploffing waarin haar drie broers en haar tante gesterf het.

Een rede hiervoor is dat ’n landmyn meer as 50 jaar nadat dit geplant is nog skadelik kan wees. Gevolglik “is dit die enigste wapen wat meer mense doodmaak ná ’n stryd geëindig het as terwyl dit gevoer word”, sê The Defense Monitor. Niemand weet hoeveel landmyne wêreldwyd geplant is nie. Dit is nie ongewoon om skattings van ten minste 60 miljoen te hoor nie. Baie landmyne word weliswaar verwyder. Maar selfs in 1997 het die Verenigde Nasies nog gesê dat daar “20 gelê word vir elke landmyn wat verwyder word. In 1994 is ongeveer 100 000 verwyder, terwyl ’n bykomende 2 miljoen geplant is.”

Waarom is landmyne die voorkeurwapen van baie hedendaagse krygshere? Wat is die ekonomiese en maatskaplike prys wat betaal word? Hoe word oorlewendes geraak? Sal ons planeet ooit vry van landmyne wees?

[Foto-erkennings op bladsy 3]

© ICRC/David Higgs

Kopiereg Nic Dunlop/Panos Pictures