Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Waarom ons op God se wonderlike werke moet ag gee”

“Waarom ons op God se wonderlike werke moet ag gee”

Kom, luister na die gratis openbare toespraak

“Waarom ons op God se wonderlike werke moet ag gee”

VAN November af sal die bogenoemde toespraak as ’n hoogtepunt by 44 driedaagse “Daders van God se Woord”-streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies in Suider-Afrika gehou word. Tien van hierdie byeenkomste sal in Engels gehou word en 34 in 11 ander tale. Die bogenoemde tema word by meer as 2 000 van hierdie byeenkomste in meer as 150 lande regoor die wêreld bespreek.

Gedurende die 20ste eeu het mense verstommende dinge gedoen, en in die 21ste eeu sal hulle ongetwyfeld nog baie verstommende dinge doen. Maar hierdie menslike werke kan glad nie vergelyk word met wat God gedoen het nie! Dit is dus te verstane waarom ’n wyse man van die ou tyd hierdie vermaning gee: “Staan stil en gee ag op die wonders van God”!—Job 37:14.

Watter lesse moet ons leer uit die skeppingswerke om ons, soos die getye, die reën, die sneeu en die wind? Hoe moet die bron van hierdie dinge ons lewe vandag beïnvloed? Hierdie en nog ander vrae sal in die toespraak beantwoord word.

Tree in verbinding met Jehovah se Getuies in jou omgewing of skryf aan die uitgewers van hierdie tydskrif om uit te vind waar die byeenkoms naaste aan jou gehou gaan word.