Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat weg was, word gevind

Wat weg was, word gevind

Wat weg was, word gevind

Verlede jaar, in Maryland, VSA, het ’n man Die Wagtoring en Ontwaak! vriendelik van die hand gewys. Sy jong dogter het egter gevra of sy die tydskrifte kon kry, en die vader het gesê sy kan. Die twee van hulle was besig om hulle motor skoon te maak en vullis in ’n asblik te gooi wat daar naby gestaan het. Die Getuie wat die tydskrifte vir hulle aangebied het, was bekommerd dat hulle dit sou weggooi en het besluit om later terug te gaan en in die asblik te kyk.

Die tydskrifte was nie daar nie, maar daar was wel ’n handsak en ’n beursie. Die vrou wie se adres in die handsak was, is onmiddellik besoek. Toe die twee Getuies wat die besoek gedoen het haar huis nader, het hulle ’n middeljarige vrou gesien wat besig was om ’n hings na die stal te lei. Toe hulle haar die items gee, het die vrou uitgeroep: “Dankie tog, al die belangrike goed is hier—my paspoort, tjekboek, kredietkaarte en perdedokumente.” Sy het gesê dat dit die vorige aand gesteel is. Aangesien die asblik binnekort leeggemaak sou word, was dit goed dat iemand daar gekyk het.

Die vrou wou die paartjie wat die handsak en beursie teruggebring het ’n beloning gee, maar hulle het dit nie geneem nie en haar eerder die brosjure Wat vereis God van ons? gegee. Om haar waardering te toon, het die vrou ’n tjek uitgeskryf wat gebruik moet word om die wêreldwye verspreiding van Bybelpublikasies te bevorder. En sedertdien het sy opreg daarin begin belangstel om die Bybel te studeer.

As jy graag ’n gratis eksemplaar van die brosjure met 32 bladsye Wat vereis God van ons? wil ontvang, kan jy die bygaande koepon invul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif pos.

□ Stuur asseblief vir my die brosjure Wat vereis God van ons?

Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.