Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Ek hou van die manier waarop dit sake bespreek”

“Ek hou van die manier waarop dit sake bespreek”

“Ek hou van die manier waarop dit sake bespreek”

Dit is wat ’n jong administratiewe klerk van Yucatan, Mexiko, gesê het oor die manier waarop die Ontwaak! onderwerpe bespreek. Hy het in ’n brief verduidelik dat hy die Ontwaak! vir die eerste keer by ’n Getuie gekry het wat saam met hom by ’n versekeringsmakelaar werk.

Hy het van die Ontwaak! gesê: “Dit is ’n ware bron van inligting en waarheid. Ek hou van die manier waarop dit sake bespreek, aangesien dit geen politieke voorkeur het nie en nie sommige mense bo ander verhef nie. Ek het oplossings vir probleme gevind deur hierdie tydskrif te lees. Dit is ’n aantreklike, goed gebalanseerde, verrykende publikasie wat die jongste inligting bevat. Ek wil julle opreg gelukwens!”

Die Ontwaak! het ’n paar jaar gelede bespreek hoe ’n mens die dood van ’n geliefde kan verwerk. Daardie inligting is later bygewerk en in die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf gedruk. Miskien sal jy of iemand wat jy ken vertroos word deur hierdie brosjure met 32 bladsye te lees. Jy kan hierdie brosjure ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf. Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.