Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Maak gebalanseerde kinders groot—Hoe?

Maak gebalanseerde kinders groot—Hoe?

Maak gebalanseerde kinders groot—Hoe?

“Kinders leer selfrespek en selfbeheersing wanneer hulle liefde sowel as dissipline van hulle ouers kry”, sê ’n verslag in The Gazette, ’n koerant van Montreal, Kanada. Wat behels dit? Volgens ’n kliniese sielkundige van Montreal, Constance Lalinec, is dit noodsaaklik om duidelike perke aan die gedrag van kinders te stel.

Lalinec, wat met kinders en gesinne werk, sê ook: “Wanneer ons keer dat kinders die gevolge van hulle dade dra, keer ons dat hulle belangrike lesse leer.” Permissiwiteit kan ’n nadelige uitwerking op ’n kind se ontwikkeling hê.

Wyse raad in die Bybel oor hoe om kinders groot te maak wat die toets van die tyd deurstaan het, is gepas. Dit sê: “Laat julle woord Ja eenvoudig Ja beteken, julle Nee, Nee” (Matteus 5:37). As redelike reëls vasgestel is en jou kinders dit verstaan, moet jy dit onmiddellik en konsekwent toepas. Ondersteun jou woorde met dade. Dit dra ’n duidelike boodskap in verband met ouerlike reëls en verwagtinge aan kinders oor—dat mense ‘sal maai wat hulle saai’ (Galasiërs 6:7; Romeine 2:6). Die ideale oogmerk van liefdevolle en doeltreffende dissipline is dat kinders leer om reëls na te kom en om frustrasie en uitgestelde verwagtinge te verduur sodat hulle eienskappe kan aankweek wat hulle nodig het om gebalanseerde, verantwoordelike volwassenes te word.

Meer raad oor wat God vir ouers oor die liefdevolle dissiplinering van hulle kinders sê, word in die boek Die geheim van gesinsgeluk gevind. Jy kan hierdie boek met 192 bladsye kry deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my die boek Die geheim van gesinsgeluk. Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.