Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Jongmens se soeke na kennis

’n Jongmens se soeke na kennis

’n Jongmens se soeke na kennis

’n Sestienjarige hoërskoolleerling in die Tsjeggiese Republiek het die volgende brief van waardering aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Praag geskryf.

“Ek het toevallig julle tydskrif Ontwaak! in die hande gekry. Ek weet nie hoe lank dit al ’n uitwerking op hierdie groot wêreld het nie, maar ek dink dat dit seker oral aanvaar word. Met die eerste oogopslag al is ’n mens verstom oor hoeveel inligting en feite in die artikels is. Die ware verhale en die raad in Ontwaak! open die oë van diegene wat nie van alledaagse probleme en risiko’s weet nie.

“Ek bewonder die tydskrif nie net omdat dit so leersaam is nie, maar ook omdat dit ’n breë perspektief het van volke en rasse. . . . Met hierdie brief wil ek graag sê hoe belangrik dit is dat julle vir ons skryf. Ek bedank julle namens alle lesers wat julle werk saam met my bewonder. Stuur asseblief vir my toekomstige nommers van Ontwaak! . . . Stuur ook asseblief vir my die brosjure Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind?”

Ons is seker dat jy dit ook baie nuttig sal vind om die uitstekende brosjure met 32 bladsye Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? te lees. Hierdie publikasie toon dat ons Skepper ’n wonderlike voorneme het wat binnekort verwesenlik gaan word. Jy kan een aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my die brosjure Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.