Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die mens se onmenslikheid—Sal dit ooit tot ’n einde kom?

Die mens se onmenslikheid—Sal dit ooit tot ’n einde kom?

Die mens se onmenslikheid—Sal dit ooit tot ’n einde kom?

’n Eksemplaar van die Ontwaak! van 8 Maart 2000, wat gehandel het oor die netelige probleem van slawerny, iets wat ongelukkig nog steeds in party wêrelddele voortduur, is aan die Italiaanse Minister vir Maatskaplike Eenheid, Livia Turco, gegee. In ’n brief aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Italië het sy erken:

“Hedendaagse vorme van slawerny, wat veral vroue en kinders raak, is ’n ernstige noodtoestand waarin miljoene mense steeds weens onmenslike toestande ly.” Sy het afgesluit: “Elke stem wat in verontwaardiging teen hierdie onaanvaarbare werklikheid verhef word, is ’n onvervangbare bydrae, en wanneer dit ’n gehoor bereik wat so groot is soos die leserstal van [Ontwaak! ], maak dit selfs ’n groter indruk.”

Aangesien meer as 20 miljoen eksemplare van elke nommer van Ontwaak! in 82 tale versprei word, word miljoene lesers nie net ingelig oor die aard van hedendaagse probleme nie, maar kry hulle ook Bybelse oplossings daarvoor.

En tog moet die vraag nog steeds beantwoord word: As daar werklik ’n God is, waarom laat hy toe dat onskuldige mense so erg ly? Baie wonder: ‘Hoe kan ek ’n Skepper liefhê wie se wysheid duidelik uit die wondere van die skepping blyk, maar wat hom vandag skynbaar glad nie oor die mens ontferm nie?’ Sulke vrae word op ’n bevredigende wyse beantwoord in die brosjure Gee God werklik vir ons om? Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Stuur asseblief vir my die brosjure Gee God werklik vir ons om? Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.