Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hulp om jeugmisdaad te laat vaar

Hulp om jeugmisdaad te laat vaar

Hulp om jeugmisdaad te laat vaar

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN FRANKRYK

ONLANGSE gebeurtenisse het getoon dat daar ’n ontstellende ineenstorting van wet en orde in baie van Frankryk se minderbevoorregte stedelike gebiede is. Volgens die Franse tydskrif L’Express “het stedelike geweld in ses jaar byna vyfvoudig toegeneem”. Wat meer is, die aantal minderjariges wat by geweldsmisdade betrokke is, het drasties toegeneem.

Buiten dat hulle hulle aan vandalisme, dwelmsmousery, afpersing, brandstigting en diefstal skuldig maak, het jeugmisdadigers op verteenwoordigers van die Staat as teikengroep gekonsentreer. Polisiemanne, brandweermanne en werkers op die openbare vervoerdiens was onder diegene wat gereeld aan gewelddadige aggressie onderwerp is.

Waarom is daar soveel geweld? “Teen die agtergrond van die ineenstorting van die gesinseenheid gesien, is dit ’n opstand teen alles wat deur die owerhede verteenwoordig word”, verduidelik twee sosioloë. Hulle noem ook “die [jongmense se] gevoel dat hulle heeltemal deur die owerhede in die steek gelaat is” en dat hulle geen “vooruitsig op ’n betekenisvolle toekoms” het nie.

Jehovah se Getuies verkondig gereeld die Bybel se boodskap van hoop in gebiede waar misdaad algemeen is. In ’n onlangse program op ’n Franse televisiestasie het ’n joernalis gesê: “Jehovah se Getuies deurkruis die voorstede en die minderbevoorregte buurte—gebiede waarmee die maatskaplike dienste, die polisie en die regering skynbaar moed opgegee het. In hierdie geboue en strate praat en luister hulle.” Hulle werk het ’n positiewe uitwerking, soos die volgende brief van ’n jong Ontwaak!-leser toon.

“Ek wil julle graag uit die diepte van my hart bedank vir julle publikasies. Julle het nie net vir my gehelp nie, maar my verhouding met my ouers het ook verbeter. Ek is net 16 jaar oud en kom uit ’n Moslemagtergrond.

“Wat ek wil sê, is dat julle dit reggekry het om my van misdaad weg te keer. Gevolglik volg ek my geloof nou beter na, maar ek lees ook die Bybel. Dit is danksy julle dat ek ook nou met my skoolloopbaan voortgaan. Wat meer is, julle het ’n hele paar mense in ons buurt deur middel van julle tydskrifte—wat ek elke maand vir hulle leen—gehelp om misdaad te laat vaar. Ek is julle baie dank verskuldig.”