Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Twintigste eeu Die Ontwaak! van 8 Desember 1999 was wonderlik! Ek het so baie daarby baat gevind, veral by die reeks “Die 20ste eeu—kritieke jare van verandering”. Dit was baie leersaam en bondig. Dit het in my die begeerte gewek om in hierdie laaste dae des te meer geestelik wakker te wees.

M. V., Filippyne

Ontvoering Wat ’n uitstekende boodskap het die reeks “Ontvoering—Waarom dit ’n wêreldwye gevaar is” (22 Desember 1999) tog bevat! Hierdie artikel het gekom toe die hele wêreld op 24 Desember met groot belangstelling gekyk het na die kapingsdrama van die vliegtuig van die Indiese Lugredery. Ek wens die owerhede wil die wenke in julle artikel oor hoe om ontvoering te bekamp, lees en toepas!

A. S., Indië

Komaslagoffer Dankie vir die ondervinding van Mitsjiko Ogawa (“Onderskraag deur hoop om beproewinge te verduur”, 22 Desember 1999). Haar man se ongeluk het plaasgevind toe ek vyf dae oud was. Die gedagte dat hy gedurende my hele leeftyd bewusteloos was, is oorweldigend! Sy het werklik Jehovah se hulp gehad om haar twee seuns groot te maak en om hierdie moeilike situasie te verduur.

L. N., Verenigde State

Die artikel het my diep geraak. Ek woon op my eie en het onlangs uitgevind dat ek kanker het. Nadat ek hierdie artikel gelees het, wou ek Mitsjiko omhels en vir haar dankie sê dat sy ten spyte van haar beproewinge getrou aan Jehovah gebly het. Ek wou eers hê dat ’n wonderwerk met my moes gebeur. Maar nou wil ek, soos Mitsjiko, net hê dat Jehovah se wil moet geskied.

M. S., Verenigde State

Bloedlose geneeskunde Die reeks “Bloedlose geneeskunde en chirurgie—al hoe gewilder” (8 Januarie 2000) was die produk van gevorderde navorsing. Ek studeer aan ’n verpleegskool en het die tydskrif vir ’n kollega en een van my dosente gegee. Hulle was voorheen bevooroordeeld teenoor Jehovah se Getuies. Maar hulle was bly om hierdie artikels sowel as ander inligting oor Jehovah se Getuies te ontvang.

R. P., Switserland

In 1998 was twee van my kinders in ’n motorongeluk. My seun se been is vergruis. Hy het herhaaldelik gesê dat hy nie bloed wou hê nie! Maar die hospitaal was nie vir bloedlose chirurgie toegerus nie. Hy is na ’n ander hospitaal oorgeplaas, maar die hospitaalpersoneel wou nie opereer voordat sy hematokriet 35 was nie. (Dit het ’n laagtepunt van 8,1 bereik.) Hulle het ’n gesindheid van nie-inmenging aangeneem, asof hulle gewag het om te sien of hy sou sterf. Maar toe hulle bloedlose metodes begin toepas het—deur sy been op te lig, eritropoiëtien toe te dien, ensovoorts—het sy hematokriet tot 35,8 gestyg! Die operasie was suksesvol, maar die vertraging in sy behandeling het veroorsaak dat hy baie permanente skade opgedoen het. Ek wens dat elke dokter, chirurg en narkotiseur verplig was om hierdie artikels te lees.

L. L., Verenigde State

Dit is bemoedigend om te weet dat baie dokters bereid is om met Jehovah se Getuies saam te werk. Ek gaan hierdie tydskrif beslis vir my dokter gee. Ek weet dat hy dit sal waardeer.

U. M., Verenigde State

Die artikel het gekom net toe ek ’n operasie moes ondergaan. Toe my bloedtelling gedaal het as gevolg van oormatige bloedverlies, het ek hierdie tydskrif gebruik om aan die hospitaalpersoneel en my familielede te verduidelik waarom ek nie bloed sal aanvaar nie. Danksy Jehovah het ek ten volle herstel.

C. B., Verenigde State