Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Ek haal my hoed vir julle almal af”

“Ek haal my hoed vir julle almal af”

“Ek haal my hoed vir julle almal af”

DIT is wat ’n vroom Katoliek van Fairhope, Alabama, VSA, gesê het aangaande die lektuur van Jehovah se Getuies en diegene wat dit vir hom geneem het.

Die Wagtoring en Ontwaak! is uitstekend geskryf en bevat pragtige artikels,” het hy gesê. “Ek is altyd bly wanneer van julle mense die tydskrifte vir my bring. En ek lees hulle albei.

“Julle mense is so aangenaam en goed gemanierd, en ek voel so bly om mense te sien wat God (Jehovah) se werk met ’n glimlag doen. Twee kindertjies het die laaste keer na my deur toe gekom en hulleself voorgestel en die tydskrifte vir my aangebied. Ek het vir hulle dankie gesê en so goed gevoel om jong kindertjies te sien wat goeie werke doen in plaas daarvan om moeilikheid te maak.

“Ek is ’n toegewyde Katoliek . . . , maar ek bewonder die uitstekende werk wat julle organisasie en sy mense doen. Uit die diepte van my hart wil ek sê dat ek werklik julle tydskrifte geniet en dat ek julle wonderlike, glimlaggende mense bewonder. . . . Ek haal my hoed vir julle almal af. Hou vol met die goeie werk.”

Jehovah se Getuies voorsien ook publikasies om aan spesifieke behoeftes te voldoen. Een daarvan is die brosjure met 32 bladsye met die titel Wat vereis God van ons? In 16 lesse identifiseer dit die basiese leringe van die Bybel en ook wat die Bybel sê ons moet doen om God se goedkeuring te ontvang. As jy graag ’n gratis eksemplaar wil hê, kan jy die bygaande koepon invul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Wat vereis God van ons? by my af.

Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.