Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Blokkiesraaisel

Blokkiesraaisel

Blokkiesraaisel

Dwars

1. Iemand wat seremonieel onrein was, moes hom bad en kon teen hierdie tyd van die dag weer in die laer inkom (Deuteronomium 23:11)

9. Geen mens kan dit tem nie (Jakobus 3:5)

10. Dit is en word vandag nog soms as voer gebruik (1 Konings 4:28)

12. Dit vertel die eer van Jehovah (Psalm 19:2)

13. Ons moet versigtig wees sodat die dag van Jehovah ons nie so vang nie (Lukas 21:34, 35)

14. Hy is “die grootste man onder die Enakiete” genoem, ’n reusagtige ras wat in Kanaän gewoon het (Josua 14:15)

15. Hy was daarvoor bekend dat hy warm fonteine in die wildernis gevind het (Genesis 36:24)

17. Een van Elkana se vrouens (1 Samuel 1:2)

19. Toe Jona in die see gegooi is, het dit om sy kop gedraai (Jona 2:5)

22. Isak het vir Esau gevra om vir hom dit voor te berei voordat hy sterf (Genesis 27:4)

23. ’n Ornamentele deel van die goue kandelaars wat in die tabernakel gebruik is (Exodus 25:33)

25. God sal so iemand nooit verwerp nie (Job 8:20)

26. Moses moes dit uittrek, want die plek was heilig (Exodus 3:5)

27. Die dood van tereggesteldes is bespoedig deur dit te breek (Johannes 19:31)

28. Sy het waarskynlik die brief aan die Romeine van Korinte na Rome geneem (Romeine 16:1)

29. Simson het duisend man hiermee verslaan (Rigters 15:15)

Af

2. Salomo het die Sulammitiese meisie s’n met “die toring van die Libanon” vergelyk, waarskynlik omdat dit simmetries was en tot die prag van haar gesig bygedra het (Hooglied 7:4)

3. Begin (Johannes 10:19)

4. Viervoetige soogdiere, kleiner as ’n perd en muil, wat ook as pakdiere gebruik word

5. Jesus het homself as die rots geïdentifiseer waarop dit gebou sou word (Matteus 16:18)

6. Een van koning Dawid se seuns wat in Jerusalem gebore is (2 Samuel 5:15)

7. Ontroue koning Agas het ’n geskenk aan hierdie Assiriese koning gestuur sodat dié hom teen Peka en Resin sou beskerm (2 Konings 16:7)

8. Ragel het moontlik gedink dat dit haar sou help om swanger te word (Genesis 30:14, 15)

11. Een van die handelsware waarmee Aram met Tirus handel gedryf het (Esegiël 27:16)

16. Diegene wat vir redding saamgeneem word, is soos hierdie versiende voëls wat om die liggaam bymekaarkom (Lukas 17:35, 37)

18. ’n Israeliet in wie daar geen bedrog was nie (Johannes 1:47)

20. Dawid het hierdie nasie verslaan ter vervulling van die profesie dat hulle hulle Israelitiese broers sou dien (2 Samuel 8:13, 14)

21. In die beskrywing van die lengte van die Beloofde Land het dit as die suidelikste punt daarvan bekend gestaan (Rigters 20:1)

24. Hulle ore sal ontsluit word (Jesaja 35:5)

27. Die Israeliete het in afwagting van geregtigheid en redding soos hierdie diere gebrom (Jesaja 59:11)

Oplossing op bladsy 14

Oplossing dwars

1. SONSONDERGANG

9. TONG

10. GARS

12. HEMELE

13. STRIK

14. ARBA

15. ANA

17. PENINNA

19. SEEGRAS

22. ETE

23. KNOP

25. VROME

26. SKOENE

27. BENE

28. FEBE

29. ESELSKAKEBEEN

Oplossing af

2. NEUS

3. ONTSTAAN

4. DONKIES

5. GEMEENTE

6. NEFEG

7. TIGLATPILESER

8. LIEFDESAPPELS

11. ROBYNE

16. ARENDE

18. NATANAEL

20. EDOMIETE

21. BERSEBA

24. DOWES

27. BERE