Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Ek het altyd gedink dat ek die enigste een is”

“Ek het altyd gedink dat ek die enigste een is”

“Ek het altyd gedink dat ek die enigste een is”

DIE 13-jarige Ulrike van Kalifornië, VSA, het die opmerking hierbo gemaak in verband met haar studie van die boek Die geheim van gesinsgeluk. Sy het geskryf:

“Ek het dit werklik waardeer dat julle die hoofstuk ‘Enkelouergesinne kan welslae behaal!’ ingesluit het. Dit het my gehelp om vriendeliker teenoor my ma te wees en om haar meer te help omdat sy ’n enkelouer is. Dit het my ook gehelp om beter te verstaan hoe sy voel. Ek het altyd gedink dat ek die enigste een is wat emosionele pyn ervaar.” Die meisie het afgesluit: “Daardie boek het my baie gehelp!”

Wêreldwyd is miljoene al deur hierdie boek met 192 bladsye gehelp. Die hele gesin—mans, vrouens, ouers, kinders, grootouers—ja, almal kan baat vind by Die geheim van gesinsgeluk. Van die leersame hoofstukke is: “Voed jou kind van kleins af op”, “Help jou tiener om te floreer”, “Beskerm jou gesin teen verderflike invloede” en “Handhaaf vrede in julle huisgesin”.

As jy die boek wil hê, kan jy gerus die bygaande koepon invul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif pos. Jy sal spesifieke wenke kry wat jou kan help om probleme op te los en jou gesinslewe so vreugdevol te maak soos wat die Skepper wou hê dit moes wees.

□ Lewer asseblief die boek Die geheim van gesinsgeluk by my af.

Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.