Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Waarom die sedelike krisis bestaan

Waarom die sedelike krisis bestaan

Waarom die sedelike krisis bestaan

VERLEDE Oktober het ’n skrywer in Loja, Ecuador, waardering vir die bediening van Jehovah se Getuies uitgespreek. Hy het onder andere gesê:

“Een van die ergste plae wat die mensdom teister, is die sedelike krisis . . . Dit lyk of mense vergeet het om die Tien Gebooie na te kom en hulle gewete geïgnoreer het, en dit het begrip onder mense in die wiele gery. Oral en elke dag hoor ons van haat, geweld, misdaad, dwelmhandel, terrorisme en ’n gebrek aan respek vir mense se waardigheid. . . . 

“Sonder om ’n ophef te maak, kom Jehovah se Getuies hulle plig op ’n vreedsame en kalm manier na, besoek hulle hulle bure van deur tot deur en bied hulle twee pragtige tydskrifte, Die Wagtoring en Ontwaak!, aan waarin uiters interessante artikels gepubliseer word. Die Ontwaak! in die besonder dek ’n verskeidenheid interessante onderwerpe met onbetwisbare wetenskaplike en kulturele inligting. Dit is prysenswaardig dat alles duidelik en noukeurig geskryf is.”

Vandag se sedelike krisis is voor die hand liggend, maar soos bladsy 4 van hierdie tydskrif onder die gedeelte “Waarom Ontwaak! gepubliseer word” sê, delf Ontwaak! “dieper as die oppervlak en wys [dit] op die ware betekenis van aktuele gebeure”. Die brosjure Gee God werklik vir ons om? toon dat mense wel lyding moes verduur, maar dit doen meer. Dit wys waarom die sedelike krisis met die verskriklike gevolge daarvan bestaan. Nog belangriker, dit toon hoe verligting binnekort verwesenlik gaan word.

Jy kan hierdie aanmoedigende brosjure met 32 bladsye ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Gee God werklik vir ons om? by my af.

Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.