Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

‘Ons is gemaak om vir ewig te lewe’

‘Ons is gemaak om vir ewig te lewe’

‘Ons is gemaak om vir ewig te lewe’

Dit was die gevolgtrekking wat ’n man van Kasama, Zambië, gemaak het na aanleiding van die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Hy het aangaande ons Skepper geskryf:

“Jehovah het geheel en al ’n nuwe betekenis vir my aangeneem teen die tyd dat ek met die boek klaar was. Ek het veral tot hom aangetrokke gevoel nadat ek gelees het hoe ingewikkeld ons liggame gemaak is. Daar kan geen twyfel wees dat ons gemaak is om vir ewig te lewe nie.”

Sulke bewyse word in hoofstuk 4 bespreek onder die titel “Hoe uniek is jy tog!” wat nie net die fisiese struktuur van die brein ondersoek nie, maar ook taal, intelligensie en die menslike bewustheid.

Ons nooi jou om die wetenskaplike bewyse te ondersoek en te kyk of jy met die gevolgtrekking saamstem wat in die boek gemaak word: “Hoe meer ons van die werking van ons brein en verstand leer, hoe makliker is dit om te sien waarom miljoene mense tot die gevolgtrekking gekom het dat die mens se bewuste bestaan bewys dat daar ’n Skepper is wat vir ons omgee.”

Jy kan hierdie boek met 192 bladsye aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? by my af. Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

J. Hester and P. Scowen (AZ State Univ.), NASA