Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Skepties, maar soek nog steeds

Skepties, maar soek nog steeds

Skepties, maar soek nog steeds

IN ’N brief aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Slowenië is die volgende versoek van ’n man ontvang wat gesê het dat hy as ’n Rooms-Katoliek gedoop is: “Stuur asseblief vir my die brosjure Wat vereis God van ons? Ek sal ook graag meer inligting wil hê oor hoe ek die Ontwaak! gereeld by my huis kan ontvang.”

Die man het verduidelik: “Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie. Ek is redelik skepties wanneer dit by godsdiens kom, maar ek was nogal verbaas toe ek die Ontwaak! lees, want dit was glad nie dogmaties nie, maar het dinge op ’n baie eenvoudige en leersame manier verduidelik.” Toe het hy na ’n bekende godsdienstydskrif verwys en gesê dat dit mense letterlik breinspoel.

Die man het verduidelik waarom hy nie die koepon op die agterkant van die Ontwaak! ingevul het om die Vereis-brosjure aan te vra nie, maar eerder besluit het om ’n brief te skryf. “Ek wou nie die Ontwaak! versnipper nie”, het hy gesê. “Ek wou dit heel hou!”

Die brosjure met 32 bladsye, Wat vereis God van ons?, het 16 lesse. Hierin word die basiese leringe van die Bybel geïdentifiseer en inligting uit die Bybel bespreek om te wys wat ons moet doen om God se goedkeuring te ontvang. As jy ook graag ’n eksemplaar van hierdie brosjure wil hê, kan jy die bygaande koepon invul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Wat vereis God van ons? by my af.

Dui taalvoorkeur aan

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Prent op bladsy 32]

113 miljoen eksemplare in 240 tale