Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die uitdagings van ’n unieke gebied

Die uitdagings van ’n unieke gebied

Die uitdagings van ’n unieke gebied

JEHOVAH SE GETUIES getuig al etlike dekades lank in die Navajo-reservaat, wat in dele van Arizona, Nieu-Mexiko en Utah in die VSA geleë is. In die Navajo-taal staan dit as Diné Bikéyah (Navajo-land) bekend. Die feit dat daar meer as 220 000 Navajo-Indiane is, wat in hulle taal die Diné (die mense) genoem word, maak hulle een van die grootste Noord-Amerikaanse Indianestamme.

Gedurende daardie jare is verskeie gemeentes van Jehovah se Getuies gestig wat bestaan het uit Navajo-mans en -vroue wat in die Bybel belangstel. Op die oomblik is daar vier gemeentes in die reservaat—by Tuba City, Kayenta, Keams Canyon en Chinle (Sien die kaart hieronder). Tot nog onlangs toe het elkeen sy eie Koninkryksaal gehad, behalwe die gemeente in Chinle wat in gehuurde klaskamers moes vergader. Maar dinge het nou verander.

’n Koninkryksaal vir ’n unieke gebied

Die Chinle-Koninkryksaal is op Saterdag 7 Junie 2003 toegewy. Die toewydingstoespraak is deur Gerrit Lösch, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, gehou. In sy bespreking het hy vertel van die groot vermeerdering in die aantal Koninkryksale wat wêreldwyd plaasvind, maar hy het ook verduidelik dat daar nog duisende sale nodig is vir die meer as 94 600 gemeentes. Hy het ook met die 165 wat teenwoordig was, 15 redes bespreek waarom hulle waardering moet hê vir hulle nuwe Koninkryksaal en vir die voordele van gereelde bywoning van Christelike vergaderinge. Hy het met ’n toewydingsgebed afgesluit en Jehovah se seën op die gebruik van hierdie uitstekende vergaderplek gevra.

Hierdie gemeente was voorheen ’n groep wat verbonde was aan die Keams Canyon-gemeente, ongeveer 100 kilometer suidwes daarvandaan. Nou het die Chinle-gemeente die toewysing om die goeie nuus van God se Koninkryk in ’n gebied te verkondig wat oor 11 000 vierkante kilometer strek! Baie van die Navajo woon in woonwaens of in hogans, wat ses- of agthoekige wonings is. ’n Vierwielaangedrewe voertuig is noodsaaklik om die afgeleë plekke te bereik. Dit is veral die geval met die verspreide nedersettings in die Canyon de Chelly (uitgespreek d’Shay), ’n fassinerende deel van die gemeente se gebied.

Canyon de Chelly—’n heilige plek vir die Navajo

Arizona se hoë plato’s is bekend vir hulle eindelose panoramas en hoofweë wat in die verte verdwyn. Die Canyon de Chelly is met die hoofweg langs net ’n paar kilometer van die Koninkryksaal af. Die canyon kronkel 40 kilometer ver deur kranse van rooi klip wat aanvanklik 9 meter hoog is, maar uiteindelik ’n hoogte van 300 meter bereik. Dié gebied, wat tot nasionale monument verklaar is, word elke jaar deur duisende toeriste besoek. Die Navajo beskou hierdie canyon, sowel as Canyon del Muerto, as heilige grond. ’n Paar families woon in hierdie afgesonderde gebied in hulle hogans wat van houtbalke en grond gemaak is. Nogtans word almal deur Jehovah se Getuies bereik, wat vir hulle Bybellektuur in hulle eie taal bring.

As ’n mens die canyon wil ingaan, moet jy deur ’n goedgekeurde Najavo-gids vergesel word. Sommige besoekers reis te voet en ander te perd; maar die meeste gebruik ’n vierwielaangedrewe voertuig. Hierdie soort voertuig is nodig omdat die pad dikwels die Chinle-stroombedding kruis. Die gidse weet ook hoe om dryfsand te vermy, wat af en toe ’n perd of bakkie insluk. Maar wat maak die Canyon de Chelly so interessant?

Die canyon se geskiedenis kan in die vorm van rotsinskripsies en rotstekeninge op die loodregte kranse gesien word. Argeoloë is van mening dat die beroemde kranswonings, wat in groot oop grotte in die krans gevind word, tussen 350 G.J. en 1300 G.J. gebou is. Die bekendste is waarskynlik die White House Ruin, wat so genoem word omdat een van die geboue ’n wit muur het. Die Anasazi (Navajo-naam vir “eertydse vyand”) het dit in ongeveer 1300 G.J. agtergelaat. Die Navajo het vermoedelik eers van die 18de eeu af hulle verskyning in hierdie gebied gemaak.

As jy ooit die Canyon de Chelly besoek, sal jy met die Navajo Route 7 langs ry. Daar waar die pad draai, net voor die nasionale monument, moet jy uitkyk vir ’n teken wat sê: “Jiihōvah Yádahalne’í bi Kingdom Hall” en “Kingdom Hall of Jehovah’s Witnesses”. Loer gerus in.

[Kaart op bladsy 22]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

COLORADO

NAVAJO-INDIANE

ARIZONA

CANYON DE CHELLY- NASIONALE MONUMENT

Chinle

Kayenta

Tuba City

HOPI-INDIANE

Keams Canyon

NIEU-MEXIKO

UTAH

[Prent op bladsy 23]

Argeoloë sê dat daar ongeveer twaalf Anasazi-gesinne saam in hierdie kranshuis gewoon het

[Prent op bladsy 24]

Hogan

[Prent op bladsy 24]

Canyon del Muerto

[Prent op bladsy 24]

Spider Rock in Canyon de Chelly