Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Suikersiekte Ek wil julle opreg bedank vir die reeks “Die lewe met suikersiekte” (8 Mei 2003). Ek sukkel met suikersiekte vandat ek vier jaar oud is. Ek het altyd gedink dat dinge soos die huwelik en die voltydse bediening buite die kwessie is vir my, maar hierdie artikels het my hoop gegee. Nou, op 17, is die voltydse bediening my doelwit en sal ek my bes doen om dit te bereik.

T. A., Japan

Ek dink julle wenk aan gesinslede en vriende om suikersiektelyers nie ongesonde kos te laat eet nie, is uiters nuttig. Dit is moeilik om vir my gesin te kook en dan nie die kos te kan eet nie. Vir diegene wat nie suikersiekte het nie, lyk dit miskien na ’n kleinigheid, maar ek kan julle verseker dat dit nie is nie!

V. N., Italië

Ek is ’n verpleegster en ’n onderwyseres. Aan die begin van die volgende kwartaal gaan ek my leerlinge oor suikersiekte leer. Die illustrasie op bladsye 8 en 9 is maklik om te verstaan, en ek sal dit gebruik wanneer ek klas gee. Dankie dat julle vereenvoudigde artikels oor mediese onderwerpe publiseer.

C. B., Frankryk

Dankie vir die artikels oor suikersiekte. Ek het nie hierdie siekte nie, maar my 14-jarige suster het wel. Ek verstaan nou wat sy deurmaak. Dit is waar dat ek opofferings vir haar moet maak, maar dit is nie so moeilik as om met suikersiekte te lewe nie!

E.D.M., Italië

My ma het al vyf jaar lank suikersiekte. Ek bekommer my dikwels oor haar gesondheid, aangesien ek ver van haar af woon. Ek gaan vir haar hierdie tydskrif stuur. Dit sal haar dalk help wanneer ek nie by haar is nie.

R. W., Indonesië

Besering Ek het dit geniet om “Hoe ’n besering my lewe verander het” (22 April 2003) te lees. Hierdie artikel help my om met my rugbesering saam te leef wat ek meer as 30 jaar gelede opgedoen het. Ek het baie van dieselfde dinge as broer Stanley Ombeva ondervind. Dit het my vertroos om te weet dat God se Woord ’n mens help om op Jehovah te vertrou.

G. G., Verenigde State

Ek is so geraak deur broer Ombeva se eerlike beskrywing van hoe hy op sy fisiese ongeskikthede gereageer het. Dit het my laat besef hoe onbeduidend my probleme is in vergelyking met wat hy deurmaak. Hierdie artikel het my gehelp om my seëninge te tel.

S. C., Kanada

Fenomenaal! Dít is die woord wat ek moet gebruik om hierdie artikel te beskryf. Ek kon dit nie neersit nie. Dit was gedagteprikkelend om te sien hoe die Skrif ’n heeltemal nuwe betekenis vir broer Ombeva aangeneem het toe hy dit die meeste nodig gehad het. Dit sal my help om meer empatie te hê wanneer ek ander bystaan.

R. G., Verenigde State

Dit is bemoedigend om te weet dat selfs ’n Christen wat as ’n gemeentelike ouer man dien, hierdie soort woede ondervind het en erken dat tyd nodig is om so ’n situasie te bowe te kom. Broer Ombeva het vertel dat hy nooit ongereeld in die bediening geword het nie, selfs nie toe sy beproewing baie erg was nie. Ek het besluit om dieselfde te doen.

M. K., Japan

Toe ek jonger was, het ek soveel keer geval dat ek nou die gevolge daarvan dra. Ek het voortdurend pyn, loop moeilik en het baie min energie. My beperkinge in die Christelike bediening laat my ellendig voel. Maar dit het my gehelp om te lees hoe broer Ombeva sy probleem hanteer het. Baie dankie!

E. E., Verenigde State