Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Wiskunde Ek het dit geniet om die artikel “Wiskunde is vir almal” (22 Mei 2003) te lees. Syfers het my nog altyd gefassineer. Soos julle gesê het, is Jehovah die Groot Wiskundige, en in die nuwe wêreld sal ons almal ongetwyfeld meer oor die logika van syfers leer. Baie dankie vir die praktiese inligting.

G. C., Brittanje

Hierdie artikel het my regtig gehelp. By die skool is wiskunde die vak wat ek die meeste haat. Selfs al let ek op en maak ek aantekeninge kan ek dit nie verstaan nie. Maar nadat ek hierdie artikel gelees het, voel ek dat ek dit kan baasraak. Dankie dat julle hierdie artikel gepubliseer het. Ek is 13 jaar oud.

J. I., Japan

Die artikel is net vir my geskryf! Ek is 15 jaar oud en is nie goed in wiskunde nie. Wanneer ek na wiskundeprobleme kyk, sê ek vir myself: ‘Ek sal dit nie gebruik as ek groot is nie; daarom is daar geen sin om dit te leer nie.’ Maar hierdie artikel het my gewys dat wiskunde op baie maniere nuttig is. Ek het dus besluit om harder te probeer en nie moed op te gee nie. Hou asseblief aan om meer sulke artikels te druk!

M. N., Japan

Wurms Ek het die humoristiese tekenprente in die artikel “Die fassinerende wêreld van wurms” (8 Mei 2003) geniet. Ek waardeer dit veral as ’n geheuehulp. Danksy hierdie sketse, kan ek die inhoud van die artikel maklik onthou.

M. Z., Italië

Ek is 11 jaar oud, en ek het altyd gewonder waarom wurms so slymerig is, maar nou weet ek waarom. En ek het altyd gedink dat daar net een soort wurm is. Ek sou nooit kon dink dat daar meer as 1 800 soorte erdwurms is nie! Hou aan om sulke leersame artikels te skryf.

T. C., Verenigde State

Besering Dankie vir die artikel “Hoe ’n besering my lewe verander het” (22 April 2003). Broer Ombeva het presies beskryf hoe ek voel. Ek ly aan fibromialgie en ander siektes, en partykeer is die pyn so erg dat ek net aanhou huil. Ek moes my volle vertroue in Jehovah stel om my die krag te gee om te volhard. Soos broer Ombeva gesê het, help dit my baie wanneer ek peins oor tekste wat vertroosting bied. Gedurende tye van nood is my man ook ’n ware steunpilaar. Dankie vir sulke artikels.

C. F., Verenigde State

My man het ’n werwel verskuif ná ’n ongeluk by die werk. Ons kan ons vereenselwig met broer Ombeva se stryd teen negatiewe gevoelens. Ons is verpletter deur ’n situasie waaroor ons geen beheer gehad het nie. Dit was hartverskeurend om my man in sulke folterende pyn te sien en te weet dat daar baie min is wat ek kan doen om dit te verlig. Dit is nou twee jaar later en hy verduur steeds by tye pyn, maar nie soos vroeër nie. Jehovah het ons gedurende die baie moeilike tyd ondersteun, en hy hou aan om sy liefdevolle besorgdheid uit te spreek deur artikels soos hierdie een. Baie dankie!

A. S., Verenigde State

Jongmense vra Ek is 16 jaar oud en in my eerste jaar op hoërskool. Ek kom voor uitdagings en druk te staan wat ek nog nooit voorheen ondervind het nie. Ek voel werklik die uitwerking van portuurdruk. Die “Jongmense vra”-artikels het my help besef hoe belangrik Bybellees en -studie is. Ek waardeer die belangstelling wat julle in tieners toon, en ek voel dikwels dit is vir my persoonlik bedoel!

S. R., Verenigde State