Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons planeet—Wat hou die toekoms in?

Ons planeet—Wat hou die toekoms in?

Ons planeet—Wat hou die toekoms in?

“Hoewel mense ‘dade van God’, soos vloede en droogte, al duisende jare lank vrees, is hulle nou kwesbaar vir veel erger dinge: ‘dade van die mens’ wat tot natuurrampe lei”, berig die Kanadese koerant Globe and Mail. Die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram (UNEP) het ’n omvattende verslag gepubliseer wat daadwerklike optrede aanmoedig om die beskadiging van die omgewing stop te sit voor dit te laat is. Die uitvoerende direkteur van UNEP, Klaus Toepfer, sê: “Ons weet nou genoeg om te sien watter uitwerking ons optrede of versuim om op te tree teen 2032 op die omgewing asook die inwoners van hierdie uitsonderlike blou planeet kan hê.”

Sedert UNEP in 1972 tot stand gekom het, is ’n mate van vooruitgang in omgewingsake gemaak. Soos The Toronto Star berig het, “het die gehalte van die lug en rivierwater in Europa en Noord-Amerika verbeter, en beperkings op chemiese uitlaatgasse het dit moontlik gemaak om die skade aan die osoonlaag te herstel”. Bosboubestuursprogramme, soos dié in Finland, Kanada, Noorweë en die Verenigde State, “verseker [ook] dat die impak van die oorbenutting van woude verminder sal word”. Nietemin sê die UNEP-verslag dat dit ’n rampspoedige uitwerking op die natuurlewe en biodiversiteit sal hê as ekonomiese groei ongehinderd voortduur en meer van die aarde se oppervlak deur groeiende stede in beslag geneem word. Die Globe het gesê: “Ongeveer die helfte van die wêreld se riviere is besoedel of se watervlakke is baie laag. Tagtig lande waarin 40 persent van die wêreldbevolking woon, het ernstige watertekorte.”

Toepfer meen dat “daadwerklike optrede positiewe resultate kan lewer”. Hy voeg by: “Ons het ’n tasbare plan van aksie nodig . . . tasbare projekte . . . en bowenal ’n duidelike formele verklaring.” Maar watter hoop is daar as wêreldleiers nie in die belang van die planeet wil optree nie?

Jy kan daarvan seker wees dat daar iemand is wat “’n duidelike formele verklaring” gemaak het en wat ‘daadwerklik sal optree’—Jehovah God. Trouens, hy het ondubbelsinnig verklaar dat hy sal ingryp en “die verderwers van die aarde [sal] verderf” (Openbaring 11:18). Wat meer is, God verseker ons dat die aarde se ekosisteme herstel sal word. Die woestyn sal bloei (Jesaja 35:1). Daar sal volop voedsel wees. Die riviere sal nie meer besoedel word nie (Psalm 72:16; 98:8). God waarborg dat alle lewende dinge op die aarde geseën sal word.—Psalm 96:11, 12.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

NASA photo