Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Die mensdom se soeke na God”

“Die mensdom se soeke na God”

“Die mensdom se soeke na God”

Mexikostad se koerant Excelsior van 25 September 2002 het ’n hoofartikel met die titel hierbo gepubliseer. Dit is geskryf deur Carlo Coccioli, ’n welbekende geleerde en skrywer in Mexiko. Sy artikel het met die volgende woorde begin.

“Ek het so pas ’n merkwaardige rooi boekie klaar gelees—of moet ek sê, ’n tweede keer gelees of, selfs meer gepas, vir die soveelste keer gelees. Dit is nie die een wat in Mao Tse-toeng se dae so beroemd was nie. Hierdie een [Die mensdom se soeke na God a] is nie alleen ’n baie merkwaardiger boek nie, maar in teenstelling met Mao Tse-toeng se ‘Rooi boekie’ wat met die verloop van tyd uitgedien geraak het, sal dit heel moontlik nooit verouderd raak nie. Hierdie boek is, eenvoudig gestel, ’n geskenk van Jehovah se Getuies aan die wêreld. Dit is nou wel klein, maar in wese is dit baie groot. ’n Mens kan dit in jou sak sit, maar as dit in ’n biblioteek met 90 000 verskillende boeke gevind kon word, sal dit waarskynlik die belangrikste boek van hulle almal wees.”

Mnr. Coccioli het verder vertel van sy jeugjare toe hy oor sy loopbaan besluit het. “Die rigting waarin ek in my universiteitstudies wou spesialiseer”, het hy verduidelik, “het verband gehou met die onderwerp wat die meeste tot my intellek gespreek en waarin ek met my hele siel belanggestel het: godsdienste, veral Oosterse godsdienste.” Hy het genoem dat die studie van godsdienste hom gefassineer het en dat hy gedurende die Tweede Wêreldoorlog ’n doktorsgraad in verwante studies verwerf het.

Hy verduidelik: “Ek voel dus ek kan met gesag sê dat die rooi boekie wat in my besit gekom het, ’n uitsonderlike werk is wat godsdiens as verskynsel op diepsinnige en omvangryke wyse bespreek. . . . [Die boek] moet in elke huis gehou word en van tyd tot tyd oopgemaak, gelees en weer gelees word. Dit bevat hoegenaamd geen godsdiensreklame nie, maar is eerder ’n omvattende kulturele werk deur die mens, wie se siel geneig is om die komplekse verborgenheid van God te ondersoek.”

Mnr. Coccioli het in die slot van sy artikel die telefoonnommer voorsien van die Getuie wat vir hom die boek gegee het. Sy het sedertdien baie oproepe gekry van mense wat dit wil hê, en die takkantoor van Jehovah se Getuies in Mexiko het seker gemaak dat almal wat in Die mensdom se soeke na God belangstel, ’n eksemplaar ontvang het. Een persoon wat 20 boeke vir sy familie en vriende aangevra het, maak nou goeie vordering in sy studie van die Bybel.

[Voetnoot]

a Die jongste oplae van hierdie boek het ’n sagte band en is nie in ’n rooi omslag gebind nie.