Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

‘Dit is vol juwele’

‘Dit is vol juwele’

‘Dit is vol juwele’

So het die bestuurder van ’n hospies in Illinois, VSA, die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf beskryf. Die brosjure en ’n Ontwaak! is per pos aan hom gestuur deur een van Jehovah se Getuies wat in die Ontwaak! gelees het dat die selfmoordsyfer onder bejaardes baie hoog is. Toe die hospiesbestuurder die leesstof ontvang het, het hy dadelik van hom laat hoor.

Nadat die hospiesbestuurder gesien het dat Wanneer ’n geliefde sterf vol juwele is, het hy geskryf: “Ek sal dit met graagte beskikbaar stel . . . aan gesinne wat vertroosting sal put uit die praktiese wysheid sowel as die Bybelse verwysings en besprekings daarin.”

Die Getuie het dadelik die bestuurder geskakel en ’n afspraak gemaak om hom te besoek. Die bestuurder het 20 brosjures aangevra en versoek dat sy elke twee of drie maande met die hospies in aanraking kom om hom van nog eksemplare te voorsien.

Miskien sal jy of iemand wat jy ken ook vertroosting daaruit put om hierdie brosjure met 32 bladsye te lees. Jy kan ’n eksemplaar aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.