Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Buitengewoon ryk aan betekenis”

“Buitengewoon ryk aan betekenis”

“Buitengewoon ryk aan betekenis”

HIERDIE kommentaar oor die prente wat in die lektuur van Jehovah se Getuies verskyn, is by ’n internasionale kunsuitstalling in Kassel, Duitsland, gemaak. Die 16-jarige Katja vertel wat gebeur het toe sy en haar medeskoliere die uitstalling besoek en na ’n paar godsdienstige kunswerke gekyk het:

“Ons gids het die skoliere gevra of hulle al ooit die tydskrifte van Jehovah se Getuies ondersoek het. Toe almal nee sê, het hy met lof oor die illustrasies in Die Wagtoring en Ontwaak! begin praat. Hy het gesê dat die prente uitsonderlik goed geskilder en die foto’s goed gekies is en dat dit ook ‘buitengewoon ryk aan betekenis’ is.

“Hy het gesê dat ons gerus hierdie interessante prente noukeurig kan ondersoek” en het genoem dat die manier waarop Bybelgebeure uitgebeeld word, dit maklik maak om te sien hoe dit op ons tyd van toepassing is. Hy het die skoliere toe aangemoedig om die tydskrifte te neem wanneer dit vir hulle aangebied word en gesê dat hulle nie net na die prente moet kyk nie, maar dat hulle ook die baie leersame en interessante artikels moet lees.