Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Insekverspreide siektes Ek is ’n dosent aan ’n universiteit en is al die afgelope 24 jaar die hoof van die mikrobiologie-, parasitologie- en biochemielaboratoriums. Julle bied wetenskaplike onderwerpe op ’n eenvoudige manier aan! Die reeks “Wanneer insekte siektes versprei” het my gefassineer (22 Mei 2003). Partykeer is daar dinge in wetenskaphandleidings wat ek nie verstaan nie. Maar wanneer julle dit bespreek, verstaan ek dit sommer dadelik. Dankie vir al julle moeite.

M. R., Mexiko

Afkykery Dankie vir die artikel “Jongmense vra . . . Wat is daarmee verkeerd om af te kyk?” (22 Januarie 2003). Medestudente het my baie geld aangebied om toetse vir hulle af te lê. Omdat ek geweier het om vir hulle te kul, is ek as onredelik bestempel. Die artikel het my daaraan herinner om God se standaarde te handhaaf en nooit my beginsels prys te gee nie.

F.A.C., Nigerië

Ek het nooit my eie huiswerk gedoen nie, maar het dit by my klasmaats afgeskryf. Hierdie artikel het my help verstaan dat dit eintlik diefstal is wanneer jy by iemand afskryf. En hoewel my skoolmaats glad nie hiervan hou nie, het ek my standpunt hieroor ingeneem.

J. D., Rusland

Trolliebus Ek bly en werk in Italië, en ek is baie dankbaar teenoor die vrou, een van Jehovah se Getuies, wat vir my julle tydskrifte in Russies bring. Ek het die artikel “’n Rit op die wêreld se langste trolliebusroete” (22 Maart 2003) gelees. Dit het gepraat van die Krim-skiereiland in die Oekraïne, waar ek voorheen gebly het. Dankie vir hierdie kort maar interessante besoek aan my tuisgebied.

Z. B., Italië

Suikersiekte Toe ek die reeks “Die lewe met suikersiekte” (8 Mei 2003) lees en sien dat oormatige urinering ’n simptoom is, het ek besef dat ek moontlik self suikersiekte het. Ek het dus na ’n hospitaal toe gegaan en uitgevind dat ek ’n suikersiektelyer is. Dit is al meer as ’n maand ná my ondersoek, en ek probeer my bloedsuikervlak met behulp van medikasie, die regte kos en oefening verlaag. As ek nie die tydskrif gesien het nie, sou ek dalk nooit uitgevind het dat ek die siekte het nie.

J. N., Japan

Ek is nie een van Jehovah se Getuies nie, maar ek kry julle tydskrifte by ’n vriendelike buurvrou. Ek het die reeks oor suikersiekte terdeë geniet. Aangesien ek as ’n geriatriese verpleegster opgelei word, moes ek ’n werkstuk oor hierdie onderwerp doen. Dit sou nie nodig gewees het om navorsing in soveel boeke te doen as ek die tydskrif ’n paar dae vroeër ontvang het nie! Julle artikels is baie nuttig.

A. S., Duitsland

Wurms Die artikel “Die fassinerende wêreld van wurms” (8 Mei 2003) het my beïndruk. Ek het na ’n plaaslike radiostasie geluister toe erdwurms bespreek is. Ek het dadelik my Ontwaak! opgetel en na hierdie artikel geblaai. Die omroeper het verbasend genoeg daaruit aangehaal. Dit sê vir my dat die Ontwaak! regoor die wêreld nuttig is.

F. B., Nigerië

Ek was verbaas om te lees dat daar meer as 1 800 erdwurmsoorte bestaan. Ek veronderstel dat as dit nie vir die werk van hierdie klein grondbewerkers was nie, ons die hele dag lank klipharde grond sou moes bewerk. Ek kan nogtans nie sê dat hierdie artikel daartoe gelei het dat ek nou van wurms hou nie, maar ek besef wel dat hulle nuttig is.

J. N., Japan