Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“’n Antwoord op ’n gebed”

“’n Antwoord op ’n gebed”

“ ’n Antwoord op ’n gebed”

Dít is wat ’n ma van ’n negejarige seun gesê het nadat die boek Leer by die Groot Onderwyser by ’n streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies in Ierland vrygestel is. “Ek het trane in my oë gekry!” het sy gesê. “Dit was veral ’n seën omdat ek verlede week nog bekommerd was en nie eintlik geweet het watter publikasie ek met my seun moet studeer nie.

“Ek het gebid dat Jehovah my help sodat ek hom dieper Bybelwaarhede kan leer op ’n eenvoudige manier wat sy hart sal bereik, en ek het nie geweet waar om te begin nie”, het die vrou verduidelik. Toe ek dus hierdie pragtige, goed geïllustreerde boek ontvang, was dit ’n antwoord op ’n gebed.”

’n Ma van vyf in Kalifornië, VSA, het iets soortgelyks geskryf. “Op pad terug na die hotel van die byeenkoms af”, het sy gesê, “het ek gesien hoe my drie jongste kinders saam uit Leer by die Groot Onderwyser lees en gesels oor wat hulle interessant gevind het.

Sy het gesê: “Die vreugde wat ek ervaar het toe ek hierdie geskenk van Jehovah ontvang het, was eenvoudig oorweldigend—soos met ’n geboorte, ’n troue, ’n doop, ’n voorreg wat van die Skepper van die heelal af kom. Partykeer is ek seker dat ons trane van vreugde vir ons liefdevolle Vader, Jehovah, sê wat woorde nie kan nie.”

Jy sal moontlik dieselfde voel wanneer jy hierdie pragtig geïllustreerde boek bestudeer met sy 256 bladsye wat so groot soos dié van hierdie tydskrif is. Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Leer by die Groot Onderwyser by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.