Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Rook is nie vir my nie!

Rook is nie vir my nie!

Rook is nie vir my nie!

HIERDIE onderwerp is aan honderde leerlinge gegee wat landwyd aan ’n skryfkompetisie deelgeneem het wat deur die Mediese Vereniging van die staat Missouri (MSMA) in die Verenigde State geborg is. Sowat 675 leerlinge van 42 skole het daaraan deelgeneem. Die 12-jarige Breanna het die prys ontvang, en haar wengedig het in die MSMA se tydskrif Missouri Medicine verskyn. Breanna het ook die geleentheid gekry om haar gedig voor te lees aan die afgevaardigdes wat die jaarlikse byeenkoms van die MSMA bygewoon het. Voordat Breanna haar gedig gelees het, het sy vir haar gehoor gesê:

“Ek is een van Jehovah se Getuies, en al die besonderhede in die gedig het uit die Ontwaak! gekom. Om die waarheid te sê, die voorblad van hierdie Ontwaak! het my die idee vir een van my gunstelingreëls in die gedig gegee. Dit toon ’n skedel met ’n sigaret wat uit sy mond hang en sê: ‘Dood te koop.’ Die Ontwaak! het oor die jare heen baie artikels gepubliseer oor die gevare wat rook inhou.”

Jehovah se Getuies vermy die gebruik van tabak. Hulle meen dat die opsetlike gebruik van enige produk wat die liggaam besoedel, geen eerbied vir die gawe van die lewe sowel as vir die Skepper toon nie (Handelinge 17:24, 25). Hulle slaan derhalwe ag op die skriftuurlike vermaning: “Laat ons ons van elke verontreiniging van die vlees en die gees reinig.”—2 Korintiërs 7:1.

Soos ander jong Getuies streef Breanna daarna om volgens Bybelbeginsels te lewe. Al hierdie jongmense maak beslis die hart van hulle Skepper bly.—Spreuke 27:11.

[Prent op bladsy 31]

Breanna (wat nou 14 jaar oud is) met haar gedig