Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Wandel met God en geniet seëninge—Nou en vir ewig”

“Wandel met God en geniet seëninge—Nou en vir ewig”

“Wandel met God en geniet seëninge—Nou en vir ewig”

DAAR word dikwels gesê dat die lewe ’n reis is. Voel jy ooit, soos baie mense, asof jy verdwaal het? Ons lewe onder geweldige druk in hierdie wêreld. Terwyl die samelewing om ons al hoe gewelddadiger en onsedeliker word, voel ons dalk dat ons oorweldig word deur kragte buite ons beheer. Hoe kan ons in hierdie onstuimige tye ons ewewig behou? Hoe kan ons gedurende ons lewensreis op koers bly?

Die Bybel bevat ’n pragtige en bemoedigende antwoord. Dit toon dat ons ’n wonderlike geleentheid het—ons kan met God wandel. Party spot dalk met die gedagte. Hoe kan ’n blote mens immers met die almagtige Skepper van die heelal wandel? Die Bybel toon dat dit wel moontlik is. Om met God te wandel, beteken in werklikheid dat ons in hierdie wêreld vol probleme die beste en gelukkigste lewe moontlik lei. Maar wat behels dit? En watter seëninge bring dit mee as ons so ’n weg volg?

Hierdie vrae sal beantwoord word in die besielende toespraak “Wandel met God en geniet seëninge—nou en vir ewig”. Hierdie openbare toespraak sal later vanjaar by die streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies gehou word. Daar sal honderde van hierdie byeenkomste regoor die wêreld wees. As jy wil uitvind waar die byeenkoms naaste aan jou gehou sal word, kan jy gerus met Jehovah se Getuies in jou omgewing in verbinding tree of aan die uitgewers van hierdie tydskrif skryf.