Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Welkom by die “Wandel met God”-streekbyeenkoms

Welkom by die “Wandel met God”-streekbyeenkoms

Welkom by die “Wandel met God”-streekbyeenkoms

◼ Miljoene mense gaan dit op honderde verskillende plekke oor die hele wêreld bywoon. Waarskynlik sal daar een van hierdie driedaagse byeenkomste—wat gewoonlik van Vrydag tot Sondag gehou word—in ’n stad naby jou wees.

In die meeste plekke sal die program elke dag om 9:30 vm. met ’n musiekprogram begin. Vrydag se tema is “Dit is die weg. Wandel daarop.” Die verwelkomingsrede, “Byeen sodat Jehovah ons sy weë kan leer”, sal gevolg word deur ’n deel wat onderhoude insluit met mense wat lojaal met God wandel. Ná die toesprake “Stel julleself voortdurend op die proef” en “Laat God se Woord elke dag julle voetstappe rig” sal die oggendsessie afgesluit word met die programrede, “Wandel met God in moeilike tye”.

Vrydag se middagsessie sal ’n driedelige simposium insluit, “Hosea se profesie help ons om met God te wandel”. Die toesprake “Moenie skei ‘wat God onder een juk saamgevoeg het’ nie” en “Toon respek vir ons heilige vergaderinge” sal daarop volg. Die dag se laaste toespraak, “Goeie nuus vir mense van al die nasies”, sal ons aanmoedig om mense van alle tale met die goeie nuus te bereik.

Die tema vir Saterdag is: “Let . . . voortdurend streng op hoe julle wandel.” Die oggend se simposium, “Maak vooruitgang terwyl julle as bedienaars wandel”, sluit ’n deel in wat verdere wenke gee oor hoe om mense te bereik wat ander tale praat. Die oggendsessie sluit af met die belangrike toespraak “Wandel volgens afspraak met Jehovah”, waarna daar ’n geleentheid sal wees vir diegene wat aan die vereistes voldoen, om gedoop te word.

Saterdagmiddag se toesprake sluit in “Vermy ‘enige rede tot struikeling’” en “Heilsame bedrywighede wat verkwik”. Die volgende dele op die program, “Jehovah is ons herder”, “Koop die geleë tyd uit” en “Wandel op die pad van toenemende lig”, bevat elkeen aanmoedigende onderhoude. Die sessie sal afsluit met die gedagteprikkelende toespraak “‘Hou aan waak’—Die oordeelsuur het aangebreek”.

Die tema van Sondag se program, “Gaan voort om in die waarheid te wandel”, word beklemtoon in die toespraak “Jongmense—Wandel op die pad van regverdigheid”. Dit sal gevolg word deur ’n gekostumeerde drama wat oor die bediening van die apostel Paulus handel. Daarna sal daar ’n toespraak wees wat lesse uit die drama beklemtoon. Die hoogtepunt van die middagsessie is die openbare toespraak, “Wandel met God en geniet seëninge—nou en vir ewig”.

Om uit te vind waar die byeenkoms naaste aan jou gaan wees, kan jy met Jehovah se Getuies in verbinding tree by die plaaslike Koninkryksaal of deur aan die uitgewers van hierdie tydskrif te skryf.