Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die vreugdes en uitdagings van adolessensie

Die vreugdes en uitdagings van adolessensie

Die vreugdes en uitdagings van adolessensie

ADOLESSENSIE kan ’n wonderlike tyd van ’n mens se lewe wees. Vir baie adolessente is dit inderdaad die geval. En baie volwassenes dink met genot terug aan hulle tienerjare.

Terselfdertyd moet daar erken word dat ons in ‘kritieke tye lewe wat moeilik is om deur te kom’ (2 Timoteus 3:1). Dit plaas meer druk op jongmense, druk wat verskil van dié wat vorige geslagte ondervind het. Dit is moontlik die rede waarom Sabrina Solin Weill, hoofredaktrise van ’n tienertydskrif, die lewe van ’n adolessent daarmee vergelyk om “’n balanseertoertjie sonder ’n veiligheidsnet uit te voer”. Ja, gedurende hierdie stormagtige lewenstydperk kan jy ongemaklik, angstig en verward voel. “Omdat tieners hulle tussen hulle kinderjare en volwassenheid bevind”, skryf Weill, “sit hulle met die slegste van albei wêrelde.”

As jy ’n adolessent is, hoe kan jy die uitdagings waarvoor jy te staan kom, die hoof bied? As jy ’n ouer met adolessente kinders is, hoe kan jy gehelp word om te onthou hoe moeilik daardie stormagtige jare was en dus groter begrip hê vir wat jou seun of dogter deurmaak? In hierdie reeks nooi ons jongmense sowel as volwassenes om adolessensie van naderby te beskou. Dit sal jongmense nie net help om deur hierdie tydperk te kom nie, maar hulle ook help om te floreer.