Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Kommunikasie Ek moes net skryf oor die reeks “Kommunikasie—noodsaaklik vir lewe” (22 September 2003). Dit het ’n baie algemene verskynsel in die natuur beskryf—diere wat mekaar help. Selfs plante gee seine om mekaar teen vyande te waarsku! Dit sal wonderlik wees wanneer mense ook leer om vir mekaar om te gee.

C. C., Verenigde State

Ek het baie gehou van julle beskrywings van hoe diere met mekaar kommunikeer. Ons kan nie anders nie as om tot die slotsom te kom dat daar ’n God is wat die bron van al hierdie wonderlike dinge is.

R. Z., Duitsland

Woorde kan nie die vreugde beskryf wat ek ondervind het toe ek hierdie artikels gelees het nie. Wat ’n ongelooflike voorreg het ons tog om met God te kan kommunikeer!

A. W., Suid-Afrika

Toe ek vanoggend die artikel begin lees, het ek regtig neerslagtig gevoel. Maar die deel oor hoe insekte met mekaar kommunikeer, het my laat lag. Ek het met ’n glimlag werk toe gegaan.

L. L., Frankryk

Tatoeëermerke Baie dankie vir die artikel “Jongmense vra . . . Moet ek ’n tatoeëermerk kry?” (22 September 2003). Ek het regtig gedink tatoeëermerke is wonderlik en wou ’n tydelike tatoeëerplakker kry. Maar die stelling dat ons “nie eers tydelike” merke wat God tot oneer strek, op ons liggaam sal wil maak nie, het my laat besef hoe ernstig die saak is. Toe ek daaraan dink dat dit ander kan laat struikel en kan veroorsaak dat ander my as opstandig beskou as ek ’n tatoeëermerk het, het ek daarteen besluit.

A. K., Japan

Ek sou regtig daarvan gehou het om ’n tatoeëermerk te kry. Maar hierdie artikel het my help besef dat ek dalk later spyt sou wees. Julle het ook die gesondheidsrisiko’s gemeld, waaraan ek nie gedink het nie. Dankie vir hierdie oortuigende artikel.

D. T., Frankryk

Piñatas Ek het die artikel “Die Piñata—’n ou tradisie” (22 September 2003) met belangstelling gelees. Ek het ’n paar vrae hieroor. Die verband met valse godsdiens is goed gestaaf. Maar dit het gelyk of die artikel die standpunt inneem dat dit aanvaarbaar is, solank dit nie iemand se gewete pla nie. Wat dan van verjaarsdae en vakansiedae soos Kersfees?

S. W., Verenigde State

“Ontwaak!” antwoord: Christene vermy enige vieringe of gebruike wat vandag nog verband hou met valse godsdiensoortuigings of bedrywighede wat Bybelbeginsels skend. Die Bybel stel byvoorbeeld verjaarsdagvieringe beslis in ’n slegte lig (Genesis 40:20; Matteus 14:6-10). As dit egter voor die hand liggend is dat ’n gebruik vandag geen valse godsdienstige betekenis het en nie Bybelbeginsels skend nie, moet elke Christen self besluit of hy hierdie gebruik sal volg.

Wetenskaplike se verhaal Baie dankie vir die uitstekende artikel “Wetenskap was my godsdiens” (22 September 2003). Kenneth Tanaka was nie bang om die feite onder die oë te sien nie. Hy het ook nederig erken dat dit wat hy baie jare lank geglo het, verkeerd is. Hy het die regte gesindheid.

S. A., Rusland

Ek ly al ’n ruk lank aan depressie en stry teen die gevoel dat ek wil doodgaan. Ek het die vraag in Kenneth Tanaka se artikel gelees: “Hoe kan ons bestaan enige betekenis hê as niebestaan ons uiteindelike lot is?” Dit het my diep geraak. Dit was asof God vir my gesê het: “Hou aan lewe!”

C. I., Japan