’n Moeder met onderskeidingsvermoë
’n Moeder met onderskeidingsvermoë
’n Moeder wat besef wat haar kinders nodig het en dit voorsien, doen moeite om vir hulle voedsame kos te gee. Sy doen net soveel moeite om hulle van geestelike voedsel te voorsien.
’n Vrou in Brasilië het onlangs aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in daardie land geskryf en waardering uitgespreek vir die publikasie Wat vereis God van ons? “Die brosjure het my baie beïndruk”, het sy geskryf. “Nadat ek die les oor gebruike wat God mishaag, vlugtig deurgelees het, het ek dadelik besef dat ek hierdie belangrike inligting met my kinders—twee dogters van 10 en 11 jaar oud en ’n 5-jarige seun—moet bespreek.” Sy het bygevoeg: “Hoe belangrik is dit tog dat ek sulke lektuur het om my gesin God se weë te leer!”
Sy het ook bykomende Bybelpublikasies aangevra. As jy ook graag geestelike voedsel vir jou sowel as jou gesinslede wil hê, kan jy ’n eksemplaar van Wat vereis God van ons? ontvang. Vul eenvoudig die bygaande koepon in en pos dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.
□ Lewer asseblief die brosjure Wat vereis God van ons? by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.