Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

‘Dit help my om moed te hou tydens beproewing’

‘Dit help my om moed te hou tydens beproewing’

‘Dit help my om moed te hou tydens beproewing’

Dit is hoe ’n leser van Connecticut, VSA, die boek Kom nader aan Jehovah beskryf het. “Ek bestudeer elke dag ’n deeltjie daarvan”, het sy gesê. “Die dae wanneer depressie dit vir my moeilik maak om selfs asem te haal, help ’n kort studie my om moed te hou tydens die beproewing.”

Sy het verder gesê: “Die prent van die teergevoelige herder op bladsy 69 het my opgebeur. En ek het gehou van die punt op bladsy 28, in paragraaf 8, oor Moses se ondervinding by die brandende bos toe ‘selfs die grond rondom heilig geword het omdat dit ’n verbintenis met Jehovah gehad het!’ As Jehovah selfs die grond heilig kan maak, dan is daar dalk vir my ook ’n bietjie hoop. Hierdie gedagte het my baie gehelp omdat ek herhaaldelik met depressie te kampe het.”

Ons is vol vertroue dat jy daarby sal baat vind as jy hierdie sagtebandboek met 320 bladsye, Kom nader aan Jehovah, lees. Jy kan die boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Kom nader aan Jehovah by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.